Serra Cafema Camp nie gesluit
Die Serra Cafema Camp van Wilderness Safaris is nie gesluit soos gister in die koerant berig is nie. Die kamp sal eers vanaf 15 Januarie 2018 tot 15 Junie 2018 vir bouwerk gesluit wees. Tans is die kamp nog oop vir besoekers en aktiwiteite word nie deur die installering van die sonkragstelsel of die bou van werknemers se nuwe akkommodasie geraak nie. Republikein vra verskoning vir enige ongerief veroorsaak. Foto Wilderness Safaris
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie