Serena-loting: 'Reëls moet verander'
Tennis
Die reëls oor lotings in vrouetennis is “in 'n mate baie straf” vir spelers soos Serena Williams wat terugkeer van kraamverlof en “behoort verander te word”, sê die toernooidirekteur van die Miami Ope.
Supersport.com berig die 36-jarige Williams is geloot teen Naomi Osaka in die eerste ronde van vandeesweek se toernooi.
Die 20-jarige Japanner het Sondag haar eerste WTA-titel beklink deur die Rus Daria Kasatkina by Indian Wells met 6-3, 6-2 te troef. Williams is ongekeur omdat sy langer as 13 maande nie gespeel het nie nadat sy verlede jaar geboorte aan haar eersteling geskenk het.
“Dit maak net sin om iemand wat op kraamverlof gaan, te beskerm,” sê James Blake, wat in sy loopbaan in 'n stadium die vierde plek op die wêreldranglys beklee het.
“Die reëls moet voorsiening maak vir haar om 'n beter loting te ontvang en dinge vir haar makliker maak.
“Hierdie soort goed moet nie gebeur nie. Sy het hierdie titel al so baie gewen dat sy beskerming verdien.
“Dit is nie 'n geval dat sy weens 'n besering buite aksie was of haar passie vir die spel verloor het nie. Sy het geboorte geskenk, iets wat ons almal behoort te vier. Wanneer sy dus terugkeer, behoort daar 'n tydperk van grasie te wees waarin sy gekeur kan word.”
Williams, wenner van 23 Grand Slam-titels, het geen amptelike ranglysplek nie, wat beteken sy kan nie gekeur word vir WTA-toernooie nie.
Sy word egter toegang gegun tot agt toernooie in 12 maande – wat twee Grand Slam-toernooie insluit – met haar nr. 1-plek op die ranglys wat beskerm word.
Haar terugkeer by Indian Wells het in die derde ronde teen haar suster Venus geëindig. Williams, wat agt keer in Miami geseëvier het, se teenstander Osaka is toevallig ook ongekeur.
Spesiale keurings is soms toegepas op spelers wat teruggekeer het ná afloop van 'n lang afwesigheid, maar die WTA het met hierdie reël weggedoen.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie