Serena kan Court-rekord ewenaar, sê 2 tennisgrotes
Tennis
Twee voormalige tennisgrotes Martina Navratilova en Justine Henin meen albei dat Serena Williams vanjaar haar 24ste Grand Slam-titel gaan wen en sodoende Margaret Court se rekord ewenaar.
Hulle het dié voorspelling op die vooraand van die Australiese Ope, wat vandag in Melbourne begin, gewaag.
Die 38-jarige Williams kon nie daarin slaag om ’n enkele stel te wen in die laaste vier Grand Slam-eindstryde (twee keer op Wimbledon en twee keer in die Amerikaanse Ope) nie. Dit het vrae laat ontstaan of sy nog Court se rekord kan ewenaar of selfs oortref.
Tog meen Henin, ’n sewemalige Grand Slam-kampioen wat deesdae as analis vir die uitsaaier Eurosport werk, dat Williams steeds ’n groot faktor in vrouetennis is – al is sy vanjaar net agtste in Melbourne gekeur.
“Jy kan nie van dié toernooi praat en Serena uit die gesprek laat nie,” het Henin, die Aussie Ope-kampioen van 2004, gesê.
Omdat sy nie in 2019 ’n Grand Slam kon wen nie, meen sommiges dat sy nie meer op haar beste is nie. Maar wie kan op daardie ouderdom nog so goed speel? Net Serena kan. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie