Sentrum pak werkloosheid
Die direkteur en stigter van die Monica-sentrum teen Geslagsgeweld in die Hakahana- informele nedersetting in Windhoek sê werkloosheid is 'n maatskaplike probleem en 'n struikelblok in die lewe van vroue – veral in die Khomasstreek.
Volgens mnr. Shaanika Nashilongo is vroue die kwesbaarste lede van die samelewing en word hulle die meeste deur werkloosheid geraak.
Laasgenoemde kan volgens hom daartoe lei dat hulle afhanklik van hul mans of kêrels is, wat hulle in sommige gevalle weerloos maak om 'n slagoffer van geslagsgebaseerde geweld te word.
Nashilongo het voorts gesê die sentrum se hoofdoelwit is om geslagsongelykheid te bestry en vroue deur middel van werkskepping te bemagtig, en om geslagsgeweld te voorkom.
Die sentrum help vroue onder meer om rybewyse te kry om hulle in staat te stel om taxi's vir 'n inkomste te bestuur.
“Vroue moenie bang wees om 'n bedryf aan te pak wat deur mans oorheers word nie. As jy die werk kan doen, doen dit net en hou op staatmaak op iemand wat jou op die ou einde gaan mishandel,” het Nashilongo gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie