Sentrum kry nuwe stoof
Windhoek se Rotariër-klub het onlangs die Hephata-sentrum vir volwassenes met geestelike en fisieke gestremdhede ondersteun. Hulle het 'n nuwe stoof aan die sentrum geskenk nadat die sentrum se stoof ná 20 jaar gebreek het. Kort voor Kersfees het die klub ook 'n rolstoel aan me. Ndangi Gibeon, een van die sentrum se inwoners, geskenk. Hephata is in 1989 deur die Duitse Evangeliese Lutherse Kerk begin en huisves tans 18 permanente inwoners. Hier is me. Ndangi Gibeon in haar nuwe rolstoel saam met me. Heike Dachsel-Baumann, mnr. Hermanus Bock en me. Heide Beinhauer van Windhoek se Rotariër-klub en 'n werker van Hephata. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie