Sentrum kom vir jeug
KARIBIB is die volgende Erongodorp waar ‘n meerdoelige jeugopleidingsentrum gevestig word. Bestaande geriewe in die tradisionele woongebied Usab gaan opgeknap, verbeter en uitgebrei word met ‘n saal wat ‘n nuwe toevoeging gaan word. Die koms van die opleidingsentrum is deur die hoof uitvoerende beampte van die Karibib munisipaliteit, me. Lydia Kandetu, in ‘n onderhoud bevestig.
Sowat N$600 000 gaan bestee word om die sentrum spesifiek vir die jeug, maar ook vir die gemeenskap te ontwikkel. By die sentrum sal op die opleiding van jong mense gekonsentreer word. Naaldwerk is as voorbeeld genoem van ‘n vakrigting waarin klasse aangebied gaan word. Die meerdoelige sentrum behoort in 2008 in diens van die gemeenskap te staan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie