'Sentrale banke het groot rol in Afrika te speel'
Sarel van der Walt - Sentrale banke in Afrika het ’n sleutelrol te speel om ekonomiese groei op die vasteland te bevorder, het die Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma Dinsdagoggend in Pretoria gesê toe hy die goewerneursimposium van die Vereniging van Reserwebanke in Afrika (AACB) geopen het.
Ekonomiese groei sal nie volhoubaar wees indien die monetêre beleid wat gevolg word om ekonomieë te ontwikkel, nie inklusief is nie, het Zuma gesê.
“Hierdie byeenkoms is die ideale geleentheid om te praat oor die rol wat sentrale banke kan speel om die tekortkominge en beperkings te hanteer om ekonomiese groei in die verskillende Afrika-streke te bevorder.”
Afrika moet volgens hom leer uit die lesse van Europa, Asië en ander streke. Integrasie in Afrika en die res van die wêreld se handels- en ekonomiese netwerke is van kardinale belang vir die ontwikkeling van Afrika.
“Ongelukkig kan die onlangse besluit van sommige ontwikkelende lande om meer proteksionistiese beleide te volg, gevolge hê vir die pas waarteen globalisering plaasvind.”
Buiten die goewerneurs van sentrale banke op die vasteland, word die simposium by die konferensiesentrum van die Suid-Afrikaanse Reserwebank ook bygewoon deur verteenwoordigers van Afrika-streeksorganisasies en internasionale instellings.
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, is die huidige visepresident van die AACB en sal nou die president word.
Die vernaamste doel van die AACB is om samewerking te bevorder ter wille van prys- en finansiële stabiliteit in Afrika. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie