Senior burgers bederf
Op 1 Oktober, Wêrelddag vir Senior Burgers, is oudstes op Gibeon by die skool onthaal. Die Sea Flower-maatskappyegroep van Lüderitz het ‘n ruim bydrae gemaak. ‘n Ete is bedien na ‘n kerkdiens in die gemeenskapsaal en senior burgers het ook vis ontvang wat hulle huis toe kon neem. Mnr. Aloe Berend, voorsitter van die dorpskomitee vir die bevordering van senior burgers se welsyn, bedank almal vir hul ondersteuning.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie