Senegal-verkiesing: Sall amptelik as wenner verklaar
Macky Sall van Senegal is amptelik as die wenner in dié land se presidensiële verkiesing aangewys. Hy het 58% van die stemme gekry.
Aanvanklike uitslae verlede week het reeds getoon dat Sall gemaklik gewen het en dat geen tweede verkiesingsronde nodig is nie.
Daar is van die begin af geglo Sall sal wen nadat hy dié Wes-Afrikaanse land se ekonomiese groei tot meer as 6% opgestoot het – die hoogste groei op die vasteland.
Groepe wat hul beywer vir menseregte in Senegal het Sall daarvan beskuldig dat hy teenstanders onderdruk het. Opposisiepartye wou ook nie die resultaat van die verkiesing aanvaar nie, maar het tog besluit om nie appèl aan te teken nie.
HERNIEUDE VERTROUE
“Hierdie hernieude vertroue motiveer my om twee keer so hard te werk en meer en beter te doen,” het Sall Dinsdag by sy presidensiële paleis gesê.
Hy het die kiesers bedank dat hulle kontinuïteit gekies het en sy moderniseringsplanne ondersteun. Hy het die opposisieleier vir dialoog en eenheid gevra.
Die land se verkiesingskomitee het bevestig Idrissa Seck was tweede met 21% van die stemme en Ousmane Sonko derde met 16%.
Sall sal op 2 April beëdig word.
Senegal word gesien as die gebied se stabielste demokrasie sedert hy in 1969 van Frankryk onafhanklik geword het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie