Sendelinge ná 25 jaar in die land nou glo onwettig
Tanja Bause - 'n Bekende sendeling-egpaar, mnr. Brian en me. Pam Kinghorn, is Vrydag in hegtenis geneem omdat hulle blykbaar onwettig in die land is.
Hulle is reeds 25 jaar in Namibië woonagtig en het verlede jaar om permanente verblyf aansoek gedoen. Volgens inligting is dit afgekeur, hulle het daarteen geappelleer en die saak is nog nie afgehandel nie.
Pam is die naweek by die polisieselle in Klein Windhoek aangehou terwyl Brian in die selle in Katutura in aanhouding is. Ná 'n voorval in die selle is hy Saterdag na 'n enkelsel verskuif.
“Hulle is nie deur immigrasiebeamptes in hegtenis geneem nie, maar deur polisiebeamptes,” is Vrydag op WhatsApp-groepe oor die voorval gerapporteer.
“Iemand wat 'n persoonlike probleem met hulle het, het na die polisie toe gegaan en gesê dat hulle onwettig in die land is en hulle is op grond daarvan in hegtenis geneem - terwyl die appèlsaak in die hof is,” het nog iemand geskryf.
Besorgde lede van die gemeenskap het die egpaar in die selle besoek.
“Pam is baie sieklik en emosioneel en ons is baie bekommerd oor haar,” is ná 'n besoek op die groepgesprek gesê.
WELSYNSORGANISASIES
Die egpaar is die afgelope 24 jaar die nasionale koördineerders van Youth with a Mission (YWAM) in Namibië.
YWAM is 'n wêreldwye organisasie van Christene wat daartoe verbind is om die Here te dien deur minderbevoorregte kinders te ondersteun, op te voed en vir hulle om te gee en te sorg.
Die Kinghorns het in 2003 die Beautiful Kidz-welsynsorganisasie in Katutura gestig. Die afgelope 14 jaar bied die sentrum nie net onderwys en maaltye vir die armste van die armstes kinders nie; hulle word ook leer lees en kuns en spanwerk geleer. Beautiful Kidz bied vir die kinders 'n veilig hawe weg van die straat waar hulle kan leer, ontspan en speel.
Die Anusa-naaldwerkprojek verseker 'n inkomste aan talle werklose vroue van Katutura.
In 2014 het hulle die bestaande kindergarten in Ovitoto naby Okahandja oorgeneem, herstel en verbeter.
“Brian en Pam is besig om Namibiërs op te lei om hulle werk te kan voortsit. Hulle vat niemand se werk weg nie, inteendeel, hulle gee aan Namibiërs werk en 'n inkomste. Hul projekte word deur die buiteland ondersteun, so hulle vat ook geen geld weg van enige Namibiër nie. Die welsynswerk wat hulle vir die gemeenskap en die kinders doen, kan nie in woorde beskryf word nie. Hulle inhegtenisneming is 'n groot slag,” het 'n man gesê wat nie sy naam genoem wou hê nie.
Mnr. Tokkie van Vuuren skryf in 'n brief aan Republikein: “Ek was regtig baie teleurgesteld en ontsteld toe ek verneem het dat Brian en Pam in hegtenis geneem en in aanhouding is. Veral toe dit blyk dat dit op grond van skewe getuienis gedoen is. Ek besef terdeë dat ek nie alle inligting tot my beskikking het nie.
“Ek ken hierdie twee mense al vir 23 jaar. Hulle het hul lewe aan die mense van ons land gewy. Veral aan die Owambo-, Herero- en Damara/Namasprekende jeug. Met 'n skrale vergoeding vir hulself het hul hierdie roeping uitgeleef. Hulle het ook deurentyd gepoog om hul verblyfdokumentasie in orde te hou.”
“Waarom het die amptenare wat so oorhaastig was om hulle te arresteer nie eers die nodige inligting bekom nie,” vra Van Vuuren.
“Moet ons land dan gedurig beskaam word deur amptenary wat nou maar net nie wil leer om beter oordeel aan die dag te lê nie. Ek wil hiermee versoek dat daar dringend aandag aan hierdie twee mense se saak gegee sal word, en hulle behoort vergoed te word vir die ongerief en skade wat hulle aangerig is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie