Seu00ebls vir kinders in Spanje
Seu00ebls vir kinders in Spanje

Seëls vir kinders in Spanje

Dani Booysen
Enver Baker van Worcester, Suid-Afrika, skryf:

My vriend is ''n onderwyser in Spanje. Hy het ''n seëlklub by sy skool gestig om die kinders se belangstellings uit te brei.

Verlede jaar Kersfeestyd het ek aan hulle ''n klomp ou Suid-Afrikaanse seëls gestuur. Vanjaar wil ek graag seëls van ons buurlande stuur, maar ek sukkel bietjie.

Is daar miskien lesers wat goedkoop, gebruikte posseëls van Namibië of ander lande het om aan my te verkoop sodat ek dit aan die kinders kan stuur? As iemand selfs ongebruikte seëls vir my by ''n poskantoor in Namibië kan koop, sal dit fantasties wees. Lae waardes soos 10 c, 15 c, ens. is reg.

Kontak my asseblief en ek sal u vooraf geld stuur. Baie dankie.

Enver Baker, Hans de Langesingel 31, Worcester. 6850. Of eposadres: [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer