Selfoon bewysstuk in sekssaak

32 klagte van verkragting

13 July 2018 | Howe
Fred Goeieman – ‘n Samsung Galaxy-selfoon is as bewysstuk ingedien in die saak van ‘n voormalige opsigter wat van die verkragting van 10 skoolseuns aan die Laerskool Karundu op Otjiwarongo aangekla word.

Mnr. Mervin Nguyapeua, wat in die hoërhof in Windhoek teregstaan, het die seuns na bewering oor ‘n tydperk van drie jaar verkrag, nadat hy pornografiese video’s aan hulle op sy selfoon gewys het.

Die forensiese kenner, dr. Paul Ludik, het Woensdag getuig die 48-jarige beskuldigde was die enigste persoon wat die selfoon se pinkode gehad het, tensy hy dit aan iemand anders gegee het.

Nguyapeua het vroeër getuig hy het die selfoon in Desember 2015 gekry. Volgens Ludik kan die oordrag van data, foto’s of video’s van dié selfoon na ‘n ander toestel net deur Bluetooth gedoen word.

“Jy sal nie kan vasstel wanneer daar na die video’s gekyk is nie om die eenvoudige rede dat dit uitgewis is,” het Ludik gesê.

Van die slagoffers het getuig hulle het Nguyapeua as ‘n vaderfiguur beskou. Volgens hul getuienis het hulle na die pornografiese video’s op sy selfoon in die teenwoordigheid van sy kinders gekyk.

“In terme van die bepalings van die Konvensie vir die Verbod op Kinderpornografie is die beskuldigde onder sulke omstandighede strafregtelik aanspreeklik,” het Ludik gesê.

Nguyapeua staar 32 klagte van verkragting in die gesig.

Volgens die slagoffers het hy hulle tydens verskillende geleenthede seksueel aangerand. Die voorvalle het plaasgevind terwyl hy in die koshuis by die skool gebly het.

Nguyapeua het vroeër onskuldig op die 32 klagte van verkragting en 27 alternatiewe klagte gepleit. Volgens die slagoffers sou hy aan hulle vra of hulle al ooit seks tussen ‘n man en ‘n vrou gesien het. Sou hulle “nee” antwoord, het hy hulle na sy kamer laat kom en ‘n selfoon waarop pornografie was, aan hulle gewys. Nguyapeua het dan seks met die seuns gehad en ook sommiges se ore gesoen.

“Terwyl ek daarna gekyk het, het hy homself begin ontklee en daarna my gulp losgemaak. Hy het dan handeroom gevat en op my penis gesmeer en ook handeroom tussen sy boude gesmeer,” het een seun getuig.

Nguyapeua sou dan buk en die seun opdrag gee om aan hom te doen wat hy in die video gesien het.

Die verhoor vind voor regter Alfred Siboleka plaas. Die staatsaanklaer is me. Seredine Jacobs, terwyl Milton Engelbrecht vir die verdediging optree.

Soortgelyk

 

Kraam buite kliniek - verpleegsters geskors

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Twee verpleegsters wat ‘n hoogswanger vrou by die Okuryangava-kliniek glo weggewys het, is in opdrag van die minister van gesondheid en maatskaplike...

Lewenslank vir Suide-verkragters

16 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh en Ronelle Rademeyer - Twee mans wat vroue op Mariental en Tses verkrag en vermoor het, is gister in twee afsonderlike sake vonnisse...

Schlettwein sê oor TIPEEG, FOCAC

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – In die eerste plek is Namibië se ekonomie besig om aan te pas by ’n nuwe pad van groei nadat dit een...

Weer vir 19 September

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal baie tot bloedig warm in die Noorde wees.KUS:...

TransNamib op soek na nuwe direksie

16 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman Die ministerie van werke en vervoer het in 'n openbare kennisgewing aangekondig dat nuwe direksielede vir TransNamib gesoek word. Die huidige direksie se...

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

16 ure gelede | Ministeries

Leandrea Louw Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”....

Help soek na vermistes

16 ure gelede | Misdaad

Tanja BauseDie Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van twee vermiste mense. Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert 19:00 verlede Woensdag...

Grond: Wit boere wíl praat

16 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree...

Vrou haal die byt uit veghond

16 ure gelede | Omgewing

Die naam Amerikaanse veghond (pit bull terrier) het al ‘n vloekwoord geword en boesem vrees by die meeste mense in. Geen ander honderas het in...