Selfondersoek verby alle soorte grense
PEET VENTER (SNR) SKRYF:
Van waar Gehazi? Dié vragie is vir dr. Reinhardt Sieberhagen bedoel.
Die sielkundige het kort gelede 'n mooie brief aan Republikein se lesers geskryf ten opsigte van selfondersoek en wedersydse respek, gepubliseer op 12 November 2020. Rêrig welgedaan, maar mag ek beskeie my wenkbroue lig vir sekere stellings onder sy pen?
Die land waarvan hy 23 jaar kennis dra, word Utopie genoem – nie Ethiopië of Nambië nie.
Ek woon al 72 jaar in Namibië. Eintlik moes dit 82 jaar wees, maar ons familie was verplig om te ontwortel en na Suid-Afrika te verhuis, ten einde selfrespek, asook my professionaliteit as onderwyser te behou. Verhuising was erg, byna soos vlug. In 1972, skielik en onwetend tussen die militêre fronte van die destydse bevrydingsoorlog vasgevang.
Eerstens die Suid-Afrikaanse militêre intelligensie-eenheid in Oshakati se onregmatige, direkte inmenging in my werk. Terselfdertyd ook Swapo se ongevraagde ondermyning van leerlinge se kulturele bedrywighede onder my leiding. (Lesers sal binnekort meer oor hierdie nagmerrie ondervinding van my kan lees.)
Dr. Sieberhagen verwys na die breë spektrum van die populasie met wie hy kontak gemaak het: parlementslede/hooggeplaaste amptenare/middelklasbestuurslui en staatsamptenare.
Kopskuddend moet ek die dokter daarop wys dat die belangrikste lede van ons Namibiese nasie elke leerling is, waarmee onverpoosd gewerk moet word om vir hulle 'n toekoms in ons geliefde land te help verseker. Sonder oogklappe aan vanuit byvoorbeeld 'n Ludwigsdorf- of Kleine Kuppe-omgewing moet ons kennis neem van elke blikhuisbewoner in Namibië.
Die dokter kan, as hy dit nog nie gedoen het nie, in Katutura gaan rond-"tura" om die inwoners se onmenslike lewensomstandighede gade te slaan. Vir 30 jaar en langer oorleef ons medelandsgenote al so. Vir die volgende 30 jaar sal dit uiteraard nie noodwendig verander nie.
Ons bevoorregtes moet waak teen “bootlicking” – of sommer kortweg genoem g*tlek (onfyn). Die huidige regering hou nie daarvan nie en beskou dit as 'n swakheid.
Raak sonder aansiens des persoons betrokke by elkeen se welsyn. Dit vra vir ekstra selfondersoek en wedersydse respek - sonder grense.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie