Selfmoordbomaanvaller was oud-LP
Selfmoordbomaanvaller was oud-LP

Selfmoordbomaanvaller was oud-LP

Estelle de Bruyn
’n Voormalige Somaliese parlementslid wat in 2010 by al-Sjabaab aangesluit het, was een van twee selfmoordbomaanvallers wat die lewe van 13 mense naby ’n basis van die Verenigde Nasies (VN) en die Afrika-unie (AU) geëis het.
Die motorbomme in voertuie wat deur die selfmoordaanvallers bestuur is, het Dinsdag­oggend naby Mogadisjoe se lughawe ontplof. Een van die voertuie het skaars 200 meter van die basis ontplof en meestal­ die lewe van veiligheidspersoneel geëis.
Salah Badbado (53) het vanaf 2004 tot 2010 in Somalië se parlement gedien tot hy op ’n media­konferensie aangekondig het dat hy die politiek verlaat om hom by die Somaliese filiaal van al-Kaïda aan te sluit.
– Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer