Selfmoord: ’n siekte van ons tyd
Henriette Lamprecht
Namibië het een van die hoogste selfmoordsyfers in die wêreld, met die globale gemiddelde selfmoordkoers wat op 16 uit ’n 100 000 mense staan. In Namibië staan dit op 22,6 mense per 100 000. Plaaslike navorsing dui daarop die twee groepe wat die meeste deur selfmoord geraak word, sluit tieners en jong volwassenes in.
Familie, verhoudings en probleme by die skool is dikwels die snellers vir selfmoord onder tieners, terwyl werkloosheid en alkoholmisbruik meestal jong volwassenes tot selfmoord dryf.
Volgens statistieke deur die Namibiese polisie het 21,5 mense uit 100 000 inwoners in 2008 selfmoord gepleeg. Die volgende jaar het dit tot 22,7 mense uit 100 000 inwoners gestyg, hoewel kenners meen dié syfer kan selfs hoër wees.
Om ’n geliefde te verloor deur selfmoord is een van die mees ontstellende gebeurtenisse, sê die psigiater, dr. Madeleine Spies.
“Dié wat agterbly, is vir altyd geteister deur onbeantwoorde vrae soos: ‘Wat was my aandeel daarin? Het ek die gevaartekens gemis? Kon ek dalk iets gedoen het om dit te verhoed?’”
Mense is geneig om te glo dat iemand wat praat van selfmoord nooit tot die daad sal oorgaan nie, maar die teenoorgestelde is dikwels waar. “Selfmoord-ideasie* word dikwels gevolg deur selfmoord-gedrag.”
(*ideasie - die geestelike proses vir die formulering van idees of die skepping van denkbeelde. - Health Sciences Dictionary]
Spies sonder die volgende as selfmoord-risiko’s uit:
• Selfmoord-ideasie: Ervaar die persoon enige gedagtes om hom- of haarself te beseer?
• Selfmoordplanne: Meer spesifieke planne hou groter gevaar in.
• Rede vir selfmoord: Hoe meer oortuig die persoon is van die doel van sy besluit, hoe groter is die risiko.
• Risiko van gesinsmoord moet altyd in gedagte gehou word.
• Familiegeskiedenis van selfmoord.
• Psigotiese simptome, veral in adolessente.
• Ernstige psigiatriese toestande, bv. depressie, bipolêr en skisofrenie.
• Erge angstigheid.
• Middelmisbruik.
• Isolasie en eensaamheid.
• Onlangse verliese bv. die dood van ’n geliefde; of verlies van werk.
• Ernstige mediese toestande.
• Terminale siektes.
• Chroniese pyn.
Tekens wat op selfmoord-ideasie kan dui, sluit volgens Spies ’n beheptheid met die dood, sosiale onttrekking en isolasie in, die persoon raak emosioneel verwyderd van vriende en familie, verloor sy of haar sin vir humor en het ’n beheptheid met die verlede.
“Die persoon fokus op mislukkings en verliese, ervaar ’n gevoel van hulpeloosheid en het geen hoop vir die toekoms nie.”
Hy of sy glo voorts die wêreld, en ander, sal beter daaraan toe wees sonder hom of haar. ’n Testament word in orde gekry, terwyl ook gepraat word oor begrafniswense, terwyl ’n finale besoek aan vriende en familie gebring word om te groet. Ander tekens sluit die koop van ’n vuurwapen, tou of pyp, die skryf van ’n selfmoordnota en ’n besoek aan die huisdokter in.
“’n Groot persentasie mense het hul huisdokter besoek binne drie weke voor ’n selfmoordpoging.”
Spies beklemtoon die eerste ingryping is om die persoon se veiligheid te verseker, gevolg deur die tweede stap wat die diagnose en behandeling van die onderliggende probleem is.
“Alhoewel nie almal wat selfmoord pleeg ’n psigiatriese siekte het nie, is ’n psigiatriese diagnose dikwels onderliggend.”
Volgens Spies kan vinnige en ferme optrede as selfmoord-ideasie vermoed word, dikwels die rigting van die spoor verander.
“Dit is belangrik om nie die persoon alleen te los nie. Vra die persoon of hy/sy in besit is van skerp of gevaarlike voorwerpe of pille en verwyder dit. Wanneer beheer skielik oorgeneem word deur ’n ander persoon, is samewerking gewoonlik nie ’n probleem nie.”
Dikwels is hospitalisasie in ’n psigiatriese saal aangedui, waar voldoende toesig en opgeleide personeel is. Ongelukkig is die geriewe volgens Spies in Namibië vir die akute hantering van sulke noodgevalle beperk, en word pasiënte dikwels na die psigiatriese saal by die Windhoek Sentrale Hospitaal verwys.
Sy beklemtoon dit is belangrik om ’n behandelingsplan vir elke persoon se unieke situasie te formuleer.
“As selfmoord byvoorbeeld gesien is as die uitweg vir chroniese pyn of siekte, moet ’n behandelingsplan daarvoor uitgewerk word. In die geval van ’n psigiatriese diagnose, moet die hulp van ’n multi-professionele span betrek word wat ’n psigiater, sielkundige en arbeidsterapeut insluit.”
Terminologie:
Selfmoord:
Om jouself dood te maak. Dit is ’n bewustelike besluit, maar mag soms botsende gevoelens tot gevolg hê.
Selfmoordpoging:
Die uitvoer van ’n ernstige daad, bv. die neem van ’n oordosis medikasie. ’n Ingryping verhoed dat die daad noodlottig is.
Selfmoordgebaar:
Die persoon voer ’n ongewone daad uit, dikwels as ’n noodkreet, wat nie noodlottig is nie.
Met verwysing na selfmoord onder tieners sê Spies selfmoord het moord as die tweede mees algemene oorsaak van dood in die ouderdomsgroep 15 – 19 jaar oud vervang. Risikofaktore onder tieners sluit boelies, internet-boelies, ’n vorige selfmoordpoging, familiegeskiedenis van selfmoord, dwelm- en alkoholmisbruik, seksuele identiteitskonflikte, gemoedsteurnisse bv. depressie, familiekonflik en stremmende verhouding met ouers, probleme in die skool en ’n geskiedenis van fisiese en seksuele misbruik in.
Faktore wat al meer erken word as risikofaktore is slaapstoornisse, psigose, post-traumatiese stres-steurnis, impulsiwiteit, geskiedenis van aggressie en meer as vyf ure se internetgebruik per dag.
Faktore wat ’n buffer teen selfmoord en depressie by tieners en jong volwassenes kan vorm, is ’n goeie verhouding met ouers en maats, goeie verhoudings by die skool en ook die beoefening van godsdiens deur die familie.
Volgens Spies wend twee keer meer tienermeisies as seuns selfmoordpogings aan.
“Voltooide selfmoord kom egter drie keer meer voor by tienerseuns en wel as gevolg van die meer gewelddadige aard van die metode onder seuns.”
Spies sê voorts die afwesigheid van risikofaktore beteken egter nie selfmoord is uitgesluit nie.
“’n Ernstige rooilig is die teenwoordigheid van selfmoord-ideasie en ook die teenwoordigheid van ’n spesifieke plan of vorige pogings. ’n Gevoel van hulpeloosheid of angstigheid is dikwels die finale spyker in die kis.”
Voorkoming:
Navorsing kon tot op hede ongelukkig geen suksesvolle voorkomende ingrypings identifiseer nie, sê Spies. Sy beveel egter die verminderde toegang tot “dodelike meganismes” wat toegang tot wapens, medikasie of gifstowwe bied en die beveiliging van onder meer brûe of hoë geboue aan. Voorligting aan die publiek en ’n bewusmaking deur die media is noodsaaklik, terwyl risikogevalle beter gesif moet word. Nog voorstelle is die behandeling van depressie of ander psigiatriese toestande, familieterapie waar familiekonflik teenwoordig is, die beskikbaarheid van noodlyne en aanmoediging om vir hulp aan te klop.
• [email protected]; [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie