Seksisme bestaan steeds
Ons geslag vrouens het swaar gelewe.
Aanvanklik was daar blatante gevestigde diskriminerende praktyke wat ons as vanselfsprekend aanvaar het omdat ons ma's daaraan gewoond was en ons half laat verstaan het dat dit is soos dit is. Want húlle ma's het dit van húlle ma's deur die geslagte leer aanvaar.
En toe in die 60's kom die sogenaamde seksuele rewolusie. Vrouens wil bra's brand en Germaine Greer maak opspraak en die Pil maak sy (haar) verskyning wat vroue die reg gee om hul eie voortplanting te beheer en skielik voel almal “bemagtig”.
In die hoërskool in die 70's was daar beroepsvoorligting. Beroepe vir seuns sluit in prokureurs, dokters, dominees, ingenieurs en so aan. Ons meisies kon onderwysers, sekretaresses, verpleegsters en banktellers word as jy so ongelukkig was dat jy nie 'n man kon kry en 'n huisvrou kon wees nie.
Onderwys was toe maar my keuse, want joernalistiek was nie eers op die lysie vir seuns óf meisies in my skool nie.
In die 80's, toe ek my uiteindelik ná 'n jaar uit die onderwys gewriemel het en self my pad na 'n koerant in Johannesburg gevind het, waar daar inderdaad ook ander vroue gewerk het, was daar nóg 'n terugslag.
Vars uit universiteit het die jong mans wat saam met ons jong vroue-joernaliste begin werk het, so 'n netjiese ou skootjie meer as ons verdien.
Hulle was ook bevoorreg om aan die maatskappy se mediese en pensioenfonds te behoort. Ons nie. Toe ek vra hoekom nie, is ek met 'n warm kloppie op die skouer meegedeel: “Hartjie, jy gaan binnekort 'n man hê wat al daardie dinge vir jou sal gee.”
Let wel, ek praat net van my eie loopbaan, by die maatskappye waar ek gewerk het. Ek was nooit “elders” (daardie plek waar dit altyd reën en waar vroue opgang maak) nie.
In Namibië was dinge nie veel anders nie. Toe ek hier begin werk by die SWAUK kon my manlike (nie dat hulle altyd “manlik” was nie) eweknieë huislenings kry, maar ons vroue nie.
Jy het of sal mos nog 'n man kry wat vir jou sal sorg. Salarisongelykhede was steeds aan die orde van die dag.
In die 1990s het dinge aansienlik verbeter. Ek is op die politieke redaksie by die SAUK aangestel, salarisse was gekoppel aan posvlak en nie geslag nie, daar was mediese en pensioenvoordele vir albei geslagte en behuisingsubsidies - as jy kon bewys jou man kon nie 'n huislening kry nie.
Maar plekke in middelbestuur en topbestuur was steeds daardie drempel waaroor 'n vrou nie eers 'n Ferragamo-skoen kon sit nie.
Met die aanbreek van die nuwe millennium was daar weer hoop.
Vanaand sien ek op Sky News die BBC se redakteur in China het bedank.
Dis 'n dinamiese vrou wat eenvoudig gecrack het oor swak betaling, geen erkenning, en soveel dinge wat topbestuur dikwels gebruik om 'n vrou mee oor die kop te slaan.
Maar toe die BBC-girl vanaand voor die Britse parlementskomitee getuig, het ek soveel simpatie gehad.
Ondanks al die positiewe en bemoedigende aanduidinge dat geslagsgelykheid op die horison is, wil ek net in my susters se ore fluister . . . verandering gebeur stadig.
Moenie deur oppervlakkige kosmetiese veranderinge geflous word nie.
A luta continua vitória é scerta.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie