Seks en alkohol 'vermaak' vir tieners
Drank- en dwelmmisbruik is die grootste risikofaktore vir vroeë seksuele omgang.
Henriette Lamprecht - Verhoog die ouderdom waarop toestemming tot seks gegee kan word tot 18 en selfs 21 jaar.
Dít sodat diegene wat skoolmeisies swanger maak, veral mense in vertrouensposisies soos onderwysers, pastore en polisiebeamptes, gestraf kan word.
Só sê die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku.
Tans is die ouderdom waarop toestemming tot seks gegee kan word 16.
Volgens Haufiku het sowat 20% van tieners in die land hul eerste seksuele ervaring voor die ouderdom van 15 jaar.
Byna 50% van dié ervarings is meestal te wyte aan groepsdruk en is onbeplan en ongewens. Volgens Haufiku kom dit op gedwonge omgang of verkragting neer.
Inligting wat uit die Kavango-Wesstreek en die oostelike gedeelte van die Ohangwenastreek ontvang is, dui daarop dat 2 596 tienermeisies in 2016 en 2017 swanger geraak het.
Haufiku het ook verwys na die meer as 7 000 onwettige aborsies wat verlede jaar by openbare gesondheidsgeriewe aangeteken is.
“Die meerderheid van dié aborsies is jong vroue en tieners wat die feit ondersteun dat baie van dié seksuele omgang wel gedwonge en basies verkragting is. Daarom ook dat dié swanger meisies op elke moontlike manier en teen alle koste die swangerskap wil beëindig en van die fetus ontslae wil raak.
“Dit feit dat tieners op die skoolbanke is, weerhou hulle nie van seksuele omgang nie. Dit wil, inteendeel, voorkom of groepsdruk 'n risikofaktor is vir vroeë en 'n dikwels onbeplande of ongewenste seksuele debuut,” het Haufiku gesê.
Hy het voorts verwys na die behoefte aan verbruikersitems soos selfone en Brasiliaanse hare wat jong meisies blootstel aan “potensiële seksmaats” om hierdie items te bekom.
Die minister het alkohol- (40%) en dwelmmisbruik (88%) as die enkele twee hoogste risikofaktore vir vroeë seksuele omgang uitgesonder.
Moontlike oplossings volgens Haufiku sluit beter kommunikasie tussen ouers en kinders in, asook omvattende voortplantings- en seksonderrig tuis, by skole en in gemeenskappe.
“Ouers moet baie vroeër in gesprek met hul kinders oor seks tree, eerder as om te wag dat hulle op skool of by hul maats daaroor hoor.”
Groepsdruk en afknouery deur portuurgroepe moet getakel word, terwyl gesondheidsprogramme by skole in vennootskap met onderwysers, gemeenskapsleiers en nieregeringsorganisasies ook versterk moet word.
Volgens hom sal sportgeriewe en deelname aan buitemuurse aktiwiteite soos boks en netbal ook help om tieners van vroeë seksuele verhoudings te weerhou, wat vir hulle as “vermaak” dien.
Haufiku het dit voorts duidelik gemaak advertensies wat alkohol adverteer moet verbied word, ongeoorloofde foto's moet op sosiale media beheer word en sjebeens moet uit woonbuurte verwyder word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie