Sekretaresse kry twee jaar of 'n boete
Namibian Sun – Die landdroshof op Otjiwarongo het Ester Hihanguapo, uitvoerende sekretaresse vir korporatiewe dienste by die Central Northern Regional Electricity Distributor (Cenored), tot vier jaar tronkstraf gevonnis omdat sy haar graad 12-sertifikaat vervals het.
Hihanguapo – wat N$600 000 verdien het gedurende haar twee jaar by Cenored – het voorheen vir die Otjozondjupa-streekraad gewerk, met dieselfde sertifikaat.
Sy is reeds twee jaar gelede by Cenored afgedank nadat sy uitgevang is, en is Vrydag gevonnis – waarvan twee jaar opgeskort is.
Sy kan 'n boete van N$16 000 betaal om te vermy dat sy agter die tralies beland.
‘n Hokaairoeper het Cenored ingelig dat Hihanguapo nie 'n graad 12-sertifikaat het nie en ‘n ander persoon se sertifikaat vervals het om die pos by die kragverspreider te kry. Die ministerie van onderwys het bevestig die sertifikaat inderdaad is iemand anders s’n – ’n vriendin van haar, wat later teen haar getuig het.
Hihanguapo het afskrifte daarvan gemaak onder voorwendsel dat sy vir haar vriendin sou werk soek.
FOTO
Ester Hihanguapo. Foto Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie