Sekere paaie nog beskadig
Die Paaieowerheid (RA) maan dat sekere paaie steeds beskadig is ná die onlangse goeie reënneerslae.
In die ||Kharasstreek is die hoofpad MR 27 of of toeristeroete C16 tussen Keetmanshoop en Aroab nou weer toeganklik en oop vir verkeer.
"Padgebruikers word egter gewaarsku om uiters versigtig op die pad te bestuur en waarskuwingspadtekens te alle tye gehoorsaam. Herstelwerk duur voort en nie alle dele is reeds herstel nie," lui 'n verklaring van die RA.
Die hoofpad tussen Stampriet en Hoachanas, die MR33/C1 waar die Auobrivier die pad oorstroom het, is volgens die RA nog nie veilig nie en steeds tydelik vir verkeer gesluit. Die RA adviseer padgebruikers tussen Stampriet en Hoachanas om liewer van die MR41 as 'n alternatiewe roete gebruik te maak.
In die Khomasstreek is 'n deel van die distrikspad 466 (vanaf die B1-Windhoek-Rehoboth-pad na Oamites) erg deur die reën bekadig en slegs met 4x4-voertuie toeganklik. Padgebruikers word gemaan om baie versigtig te bestuur
In die Gobabis-distrik in die Omahekestreek is dele van die hoofpad 39 (C20) tussen die M40 naby Gobabis en D1837 na Leonardville beskadig, maar die pad is oop vir verkeer, maar padgebruikers moet versigtig bestuur.
Die publiek word versoek om enige padskade by die naaste RA-kantoor te rapporteer, of stuur 'n epos na [email protected]. Besoek gerus hul Facebook-blad Roads Authority Namibia.
Foto Anel Boltman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie