Seilplankryer verwesenlik jarelange droom
Seilplankryer verwesenlik jarelange droom

Seilplankryer verwesenlik jarelange droom

Tanja Bause
Tanja Bause

Björn Dunkerbeck het op 18 November tydens die Lüderitz Speed Challege sy jarelange droom verwesenlik toe hy die spoedgrens van 100 kilometer per uur op sy seilplank oorskry het.

Die 52-jarige seilplankryer het 103,67 km/h in twee sekondes geseil met ’n gemiddelde spoed van 101 km/h oor 100 meter water.

Dunkerbeck, die seun van ’n Nederlandse pa en Deense ma wat in Spanje op die Kanariese Eilande grootgeword het, het in sy loopbaan van 35 jaar as seilplankryer die Professional Windsurfers Association Overall World Championships ’n rekord 41 keer gewen.

Sy eerste spoedrekord is amper 30 jaar gelede opgestel toe hy 43,30 knope (80,1 km/h) in 1992 gery het.

Sedert Antoine Albeau van Frankryk in 2015 sy wêreldrekord van 52,05 knope (96,4 km/h) wat hy in 2012 opgestel het, vyf keer in Lüderitz verbeter het en uiteindelik 53,27 knope (98,55 km/h) behaal het, wou Dunkerbeck die 100 km/h (53,99 knope) oorskry.

Die Lüderitz Speed Challenge het in 2007 vir die eerste keer plaasgevind en kon verlede jaar nie aangebied word nie weens die Covid-19-pandemie.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer