Seidler stel nuwe rekord in Jetty Myl-sege
Die Swakopmunder se visier is op die 2020 Olimpiese Spele ingestel.
Jessica Botes - Die 19-jarige swemmer en branderplankryer van Swakopmund, Phillip Seidler, het Woensdagmiddag vir die vyfde opeenvolgende jaar die Pupkewitz Jetty Myl gewen.
Seidler was verheug nadat hy in 19 minute en 58 sekondes die vermoeiende oopwaterswem voltooi het. In die proses het hy sy eie rekordtyd van verlede jaar (20 minute 24 sekondes) met bykans ’n halfminuut verbeter.
Vandat hy sy eerste oorwinning hier in 2013 as ’n 15-jarige seun behaal het, het hy nog nooit tweede viool gespeel nie.
“Ek voel ’n bietjie moeg, maar ek is baie bly dat ek my doel bereik het om die swem in minder as 20 minute te voltooi,” het hy by die eindstreep gesê.
Seidler het ook sy visier op die 2020 Olimpiese Somerspele in Tokio gestel, waar hy beplan om aan die 10 km oopwater-item deel te neem.
“Ek is aan die oefen om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer en ek hoop om by die proewe suksesvol te wees. Ek sal op 27 Januarie aan die Jeffreysbaai oopwater-byeenkoms meeding om meer ondervinding op te doen,” het hy gesê.
Swemmers by die Jetty Mile moes rowwe seewaters en groot branders, tesame met ’n sterk noordewind trotseer. Seidler sê hy het egter die ongunstige toestande tot sy voordeel gebruik.
“Dit is ’n voordeel vir my, want ek is ’n plaaslike swemmer en branderplankryer wat hier grootgeword het. Ek weet hoe om die moeilike toestande tot my voordeel te gebruik en ek ken al die geheime,” het hy gesê.
Seidler het die Eghardt Brand Stigting bedank, wat hom borg om aan hierdie geleentheid deel te neem, asook sy familie vir hul ondersteuning. Hy het ook sy twee afrigters, Nadja Seidler en Janis Stergiadis, vir hul hulp en ondersteuning bedank.
Nog ’n jong swemmer wat die kollig by die Jetty Mile gekry het, was die 15-jarige Heleni Stergiadis van Windhoek. Sy het die resies in die algehele sesde plek voltooi in ’n tyd van 26 minute 02 sekondes en was die eerste vrou oor die eindstreep.
Stergiadis het verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem en was toe ook die vrouewenner en algeheel tiende.
“Ek voel baie opgewonde en energiek. Ek fokus nie regtig op my tyd nie en ek doen dit net vir pret en vir die geleentheid om teen die ander swemmers te oefen. Ons het ’n week gelede begin oefen en dit was groot pret,” het sy gesê.
Seidler is gevolg deur Xander Skinner in die tweede plek (24:06) en die onder 16-seun Corné le Roux het derde klaargemaak (24:25).
Die hoofitem (een myl) se kategorieë is soos volg gewen:
Elite mans (17-29 jaar): 1 Phillip Seidler (19 minute 58 sekondes), 2 Xander Skinner (24:06), 3 Jörn Diekmann (25:55), 4 Matthias Lichtenberg (26:04), 5 Jean-Paul Burger (26:20).
Seuns onder 16: 1 Corné le Roux (24:25), 2 Friedrich Setzkorn (30:22), 3 Ben Tuite (31:13), 4 Richard Voigts von Schultz (34:08), 5 Oliver Kittel (43:54).
Meisies onder 16: 1 Heleni Stergiadis (26:02), 2 Vicky Ann Hillhouse Botha (26:35), 3 Joanne Liebenberg (27:56), 4 Jessica Hoeksema (38:08), 5 Maike van Doorn (43:56).
Elite vroue (17-29 jaar): 1 Ansoné Boshoff (28:13), 2 Molina Smalley (29:58), 3 Toni Roth (30:18), 4 Kari van der Vaart (31:55), 5 Imka Jagau (32:41).
Veteraan mans (30-49 jaar): 1 Tyrone Kotze (25:31), 2 Jurie Badenhorst (26:47), 3 Bo Olav Alfheim (27:51), 4 Günther Streit (28:21), 5 Peter Brinkmann (30:46).
Veteraan vroue (30-49 jaar): 1 Imme Huck-Farlane (31:44), 2 Olivia Alfheim (33:35), 3 Sonja Obholzer (33:42), 4 Irma van Rooyen (34:13), 5 Mai-Britt Alfheim (35:23).
Meesters mans (50 jaar en ouer): 1 Alexander Skinner (29:46), 2 Johann Conradie (32:59), 3 Gábor Salamon (33:10), 4 Christoph von Walter (35:55), 5 Andreas Obholzer (36:18).
Meesters vroue (50 jaar en ouer): 1 Romy Noeschke (44:17), 2 Elke Jagau (44:28), 3 Sharon Auret (45:27), 4 Carola Kirchner (47:07), 5 Karin Brockmann (50:58).
Algehele top tien: 1 Phillip Seidler, 2 Xander Skinner, 3 Corné le Roux, 4 Tyrone Kotze, 5 Jörn Diekmann, 6 Heleni Stergiadis, 7 Matthias Lichtenberg, 8 Jean-Paul Burger, 9 Vicky Ann Hillhouse Botha, 10 Sebastian Pahl.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie