Seibeb laat die lig praat
Seibeb laat die lig praat

Seibeb laat die lig praat

Rodney Seibeb het onlangs sy nuwe enkelsnit, “!Nab /Guiba !Hoa”, bekend gestel. Dit beteken “Laat die lig praat”.

Rondey sê die liedjie wys net die Here se lig kan met hom praat.

“As die lig daar is, is alles spontaan, harmonieus en gee vir ons wysheid.

“My vervaardiger, Steven !Naruseb, het die lirieke vir die enkelsnit geskryf. Hy help my té veel – met alles wat ek doen. Hy tree ook tans as my bestuurder op. Sonder hom sal my loopbaan nie so suksesvol wees nie.

“Ons het die Here se lig nou die meeste nodig. Juis weens die finansiële druk waaronder ons gebuk gaan. Ons moet as een nasie saamstaan. Armoede en hongersnood kan ons net met die Here se hulp bekamp.”

Die enkelsnit is tans op YouTube beskikbaar en dit is gratis.

“Aangesien ek met armoede simpatiseer, wil ek hê die liedjie moet vir almal beskikbaar wees.”

Seibeb werk tans aan sy nuwe vollengte album.

“My vollengte album sal einde van September in die land beskikbaar wees. Die album bestaan uit ongeveer 10 oorspronklike liedjies, wat alles deur !Naruseb geskryf is. Die album gaan in winkels en op die internet beskikbaar wees.

“Dis hoog tyd dat die mense van Namibië saamstaam. Ons moet verby kleur kyk en mekaar ten volle ondersteun en voortdurend liefde aan ons medemens toon. Dan sal ons ‘n beter Namibië hê waarin almal gelukkig saam kan woon.

“Die rede waarom daar ook nie genoeg reën is nie, is omdat ons nie saamstaan nie. Unity is power!” sê Seibeb.

Rodney sê hy sing vir sy mense sodat almal kan hoor wat die Here te sê het. Al die musiek op die nuwe album gaan oor God se liefde, die lig en Heilige Gees, sê hy.

“Fokus op die Here,” sê hy.

Vir meer inligting, kontak Seibeb op Facebook, YouTube of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...