Seges vir Paulus en Kaliteka
Seges vir Paulus en Kaliteka

Seges vir Paulus en Kaliteka

Padwedlope
Daniel Paulus was Saterdag die wenner van die 10 kilometer padwedloop wat gesamentlik met die Namibian Cycle Classic aangebied is, met die SKW-klub in Olympia as begin- en eindpunt.

Met beplande datums wat vanweë Covid-19 gereeld verander het, was die opkoms van net 26 vasberade atlete nie so goed soos byvoorbeeld in 2019 nie.

Met ondersteuning kon die byeenkoms, gereël deur die QSB Windhoek Hochland Sport atletiekklub, darem wel plaasvind. Atletiek Namibië se nasionale kampioenskap op dieselfde naweek was ook tot nadeel van die byeenkoms se profiel.

Paulus het in 30 minute 34 sekondes eerste die eindstreep bereik en daarmee ’n klompie meters voor die gedugte Tomas Rainhold (30:59) klaargemaak. Derde was Jeremiah Shaliaxwe (31:14), voordat Hangula Wilhelm (32:19), Paulus Iyambo (32:45) en die res ingekom het.

Vectoria Kaliteka was die wenner van die vrouewedloop in 41 minute 38 sekondes, met Helena Iipinge (43:36) as haar naaste opposisie. Dié twee was gerieflik voor Lydia Thiel (53:04) en Emilia Nambahu (53:31).

Kommentaar

Republikein 2025-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer