Sege teen Portugal broodnodig
Afrigter Phil Davies het opnuut geloof in 'n paar jong spelers getoon.
Andrew Poolman - Die Namibiese rugbyspan kom môre in Coimbra voor 'n keerpunt te staan in sy laaste toets vir die seisoen teen Portugal (afskop 17:00 Namibiese tyd).
Nederlae oor die laaste twee naweke teen Rusland (20-47) en Spanje (13-34) kon nog in 'n mate met versagtende omstandighede weggepraat word soos dat beide opponente hoër as Namibië op die wêreldranglys is, of dat die toerspan nie op volle sterkte of sy beste vlak van wedstrydskerpheid is nie.
Daar kan egter aangevoer word dat selfs Namibië se amateurspan hom in meer gedugte provinsiale kompetisie bevind as Portugal, wat weliswaar as die sterkste span in Europa se derde vlak meeding.
Namibië het dié week op die wêreldranglys met een posisie teruggesak tot 23ste, wat steeds een posisie beter as Portugal is.
Afrigter Phil Davies se manne sal môre alles in die stryd werp om verlore eer te herwin en hul seisoen op 'n hoogtepunt af te sluit. 'n Oorwinning sal ook broodnodige selfvertroue herstel vir die maande wat vinnig aftel na die 2019 Wêreldbekertoernooi in Japan in September.
Davies het gister gesê die toer was 'n uiters waardevolle ondervinding.
“Die spelers is op en van die veld uitgedaag en die toer het ons kennis verbreed van hoe mense in verskillende toestande aanpas en die daaglikse omstandighede en druk van toere hanteer. In die opbou na Japan 2019 is dit van onskatbare waarde.
“Ons spelers het 'n begrip verkry van wat nodig is om in die Noordelike Halfrond rugby te speel en hoe vinnig en fisiek die spel hier is. Ek is in my skik met die dissipline en aanpasbaarheid waarmee die spelers binne ons filosofie van die spel geoefen en gespeel het. Namibië kan trots wees op sy nasionale groep wat op en van die veld groei toon.”
Davies se ses veranderinge aan die wedstrydgroep wat teen Spanje verloor het, is meestal om almal blootstelling te gee.
“Afgesien van Prince !Gaoseb en Renaldo Bothma vir wie ons met beserings verloor het, het ons 'n fikse toergroep wat getuig van die goeie werk van spandokter Vernon Morkel en die fisioterapeut Innis Erasmus.”
Die losskakels Cliven Loubser en PW Steenkamp is terug in die wedstrydgroep ná hul herstel van beenbeserings, terwyl Cameron Langenhoven op die bank regsit nadat hy as plaasvervanger vir die twee beseerdes ingevlieg is.
“Ons kyk ook na 'n ander slotkombinasie en agterste driehoek, met die jong Adriaan Ludick wat saam met die ervare Tjiuee Uanivi in die tweede ry sak. Ons gee ook vir Chad Plato sy eerste beginkans as regtervleuel (hy is vir die laaste halfuur teen Spanje opgestuur), met die gesoute Chrysander Botha en Johann Tromp langs hom,” sê Davies.
Namibië: 15 Chrysander Botha, 14 Chad Plato, 13 JC Greyling, 12 Darryl de la Harpe (kapt), 11 Johann Tromp, 10 Cliven Loubser, 9 Damian Stevens, 8 Rohan Kitshoff (o.kapt), 7 Max Katjijeko, 6 Thomasau Forbes, 5 Tjiuee Uanivi, 4 Adriaan Ludick, 3 AJ de Klerk, 2 Obert Nortjé, 1 Casper Viviers.
Reserwes: 16 Niël van Vuuren, 17 André Rademeyer, 18 Desiderius Sethie, 19 Ruan Ludick, 20 Cameron Langenhoven, 21 TC Kisting, 22 PW Steenkamp, 23 Justin Newman.
Die ander toerlede op bystand is Janry du Toit, Henrique Olivier, Jason Benade en Wihan von Wielligh.
'n Sterk kans vir reënbuie (70%) is in die vooruitsig in Coimbra, die kultuurryke Middeleeuse stad sowat 200 km noord van Lissabon.
GESKIEDENIS TEEN PORTUGAL
(kapteins en afrigters tussen hakies):
21 April 1990 in Windhoek: wen 86-9 (Gerhard Mans, Henning Snyman)
24 Mei 1991 in Lissabon: wen 34-12 (Gerhard Mans, Henning Snyman)
23 Januarie 1998 in Lissabon: wen 36-19 (Quinn Hough, Deon Kotze)
7 November 2009 in Lissabon: wen 12-9 (Jacques Burger, John Williams)
20 November 2010 in Lissabon: verloor 12-24 (Jacques Burger, Johan Diergaardt)
15 Junie 2011 in Boekarest (Nasiebeker): wen 29-23 (Jacques Nieuwenhuis, Johan Diergaardt)
22 November 2014 in Lissabon: verloor 20-29 (Rohan Kitshoff, Danie Vermeulen)
só vaar PORTUGAL in 2018
10 Februarie in Lissabon: klop Nederland met 36-12 (rustyd 24-0), FIRA-trofee
24 Februarie in Setubal: klop Switserland met 31-17 (rustyd 17-3), FIRA-trofee
10 Maart in Anenii-Noi: klop Moldova met 29-10 (rustyd 10-5), FIRA-trofee
24 Maart in Lodz: klop Pole met 27-25 (rustyd 10-13), FIRA-trofee
16 Junie in Heidelburg: verloor teen Duitsland 13-16 (rustyd 3-6), 2019 Wêreldbeker kwalifisering
10 November in Baia Mare: verloor teen Roemenië 6-36 (rustyd 3-22), FIRA-kampioenskap

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie