Seevoëlvrektes daal met tot 98%
Seevoëlvrektes daal met tot 98%
Help veral bedreigde albatrosse
08 February 2021 | Omgewing
Elvira Hattingh
Die verpligte gebruik van afskrikmiddels vir seevoëls op Namibiese vissersbote het vrektes onder seevoëls, veral bedreigde albatrosse, met tot 98% verminder.
Volgens 'n navorsingsartikel wat onlangs in die aanlyn joernaal ScienceDirect deur 12 navorsers gepubliseer is, het verpligte maatreëls wat in 2015 vir Namibië se vissersbedryf ingestel is om seevoëls af te skrik, 'n beduidende verskil gemaak.
Data van BirdLife International se Albatros-taakmag asook die Namibiese Visserywaarnemingsagentskap is vir die studie gebruik.
Na raming het die maatreëls bygedra dat in 2018 net sowat 215 seevoëls weens vissersaktiwiteite aan die Namibiese kus gevrek het, in teenstelling met sowat 20 000 tot 30 000 voëls per jaar 'n dekade gelede.
Dit, danksy die gebruik van iets eenvoudig soos kleurvolle voëlverskrikkervislyne, wat plaaslik deur die vrouebemagtigingsgroep, Meme Itumbapo, op Walvisbaai gemaak word.
Die navorsers meen dit help veral met die bewaring van Namibië se drie hoof albatrosspesies langs ons kus wat oor sowat 1 572 km strek.
MAGNEET
Gewoonlik het vissersbote 'n groot aantrekkingskrag vir seevoëls, veral as nette uitgegooi word en aas aan vishoeke geplaas of visafval weggegooi word.
Seevoëls vlieg dan dikwels teen kabels vas wat agter die bote aangesleep word of raak verstrengel in lang vislyne.
“Voëls word dikwels vasgevang en verdrink wanneer hulle aas van hoeke probeer afhaal,” verduidelik die navorsers.
Veral as lang vislyne gebruik word, is dit 'n slagveld vir seevoëls en na raming vrek tussen 160 000 en 320 000 jaarliks wêreldwyd weens dié praktyk.
In Namibië duur so 'n hengelsessie met langlynvissersbote sowat vyf tot tien dae en lyne is tot 30 km lank met soveel as 16 572 hoeke aan 'n enkele lyn.
Voëlspesies wat dan die heel meeste gevang word, is die stormvoël (Procellaria aequinoctialis). Tog word daar, in 'n mindere mate, ook Atlantiese geelneusalbatrosse, swartrugalbatrosse, bruinroofmeeue, grysvlerkpylstormvoëls en witmalgasvoëls gevang.
Die navorsers sê Namibië se kus is besonders ryk aan seevoëls danksy ons voedingryke waters wat 'n oorvloed van mariene lewe lok.
BEDREIG
BirdLife International se Albatros-taakmag, 'n groep kenners wat spesialiseer in die voorkoming van onbedoelde seevoëlvrektes, werk reeds sedert 2008 saam met die regering en die plaaslike visbedryf.
Seevoëls is van die wêreld se mees bedreigde voëlgroepe, met albatrosse wat waarskynlik die ergste getref word.
Volgens die navorsers loop 15 uit 22 albatrosspesies die gevaar van uitwissing.
Albatrosse word tot 60 jaar oud en bereik eers láát seksuele volwassenheid. Boonop maak hulle net een kuiken in 'n broeiseisoen groot – wat beteken onbedoelde vrektes weens visvangbedrywighede is des te meer 'n bedreiging.
Die spesie is onder meer noodsaaklik vir die handhawing van gesonde visgetalle.
Terselfdertyd bedreig toevallige sterftes van die voëls deur visbedrywighede tot soveel as 41% van seevoëlspesies, wat ook as van 'n hoofoorsaak vir verminderde albatrosgetalle beskou word.
- [email protected]

Soortgelyk
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
32 minute gelede | Gesondheid
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
1 uur gelede | Landbou
Metro spoils its customers
2 ure gelede | Plaaslik
Vrou woon in haar motor by hospitaal
11 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
11 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
11 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
11 ure gelede | Weer
'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'
11 ure gelede | Byvoegsels
Hof kry Heritage Health voor stok
11 ure gelede | Gesondheid
Kleinadvertensies