Seestroping hou aan
Hentiesklong skryf:
Die afgelope Desembervakansie was weer 'n tipiese voorbeeld van diskriminasie deur die inspekteurs van ons geliefde seevisserye.
Die visinspekteurs was daagliks langs die waters bedrywig. Ek het self ervaar hoe 'n afgetrede inwoner van Hentiesbaai, wat voorheen 'n bloutjie geloop het met visserye, deur die inspekteurs geteiken word.
Die oomblik toe hulle hom langs die waters sien, het hulle sy aas en vislisensie ondersoek en hom beboet vir 'n paar ondermaat mossels in sy besit. Hulle het nie eens navraag gedoen oor sy seun en gesin, saam met wie hy visgevang het, of oor my lisensie en aas nie.
Die tweede keer het hulle sy seun se voertuig geteiken, maar dié keer was hy nie saam nie. Hulle het weer eens nie my en my dogter se aas en vislisensies ondersoek nie.
Op Hentiesbaai is daar van die Omdel-inwoners wat elke dag, helder oordag, wurms en witmossels oes, die meeste ondermaat, in die swemgebied tot noord van die Omaruru-riviermond en in die omgewing van die Zeila-wrak.
Praat jy hulle aan, het hulle die vermetelheid en astrantheid om vir jou te sê as hyself dit nie mag doen nie, dan moet ek hom kos gee, anders moet hy steel om te leef. Hierdie mossels en wurms word gebruik om vis te vang - meestal galjoene - wat aan Hanganeni op Henties verkoop word. Ondermaat visse word nie teruggesit soos die wet vereis nie, maar behou om self te eet of in Omdel te verkoop. Hanganeni vervoer hulle soms self tussen Henties en die waters.
Toe hierdie praktyke aan die inspekteurs gerapporteer is, was die verskoning dat daar nie inspekteurs op Henties is nie en dat hulle ons voertuie ken en ons ontglip, en indien hulle beboet word, betaal hulle nie die boetes nie.
Tydens die vakansie is foto's van oortreders in Republikein gepubliseer, maar dit het ook geen vrugte afgewerp nie.
Maandag, 23 Januarie, het ons op Suidduin gaan stap en op dít in die meegaande foto afgekom, wat duidelik wys hulle dink niks van wetstoepassing nie.
By die tafeltjie lê meer as 90 ondermaat mossels. Die mossels word in die openbaar uitgedop en die doppe word nie eens begrawe of in vullisdromme gegooi nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie