Seeheim-hotel: Herstelwerk ná brand vorder goed
Ronelle Rademeyer - “Skryf daar ons is oop vir besigheid en die gedeeltes wat afgebrand het, is al omtrent 80 persent weer herstel,” beduie Zirkie Kloppers na my notaboek terwyl ons tee drink op die stoep van die geskiedkundige Seeheim-hotel.
Hy is die eienaar van dié bekende hotel aan die Visrivier wat in Junie verlede jaar gedeeltelik afgebrand het. ’n Voormalige werknemer het dit na bewering aan die brand gesteek.
Janine Swart (36), wat ook soms die van Snyders gebruik, staan tereg op klagte wat hieruit voortspruit.
Skade van miljoene Namibiese dollar is aangerig toe twee lapas, die kombuis, 18 kamers, badkamers, meubels, masjinerie en toerusting in puin gelê is.
Die 66-jarige Zirkie sê baie toeriste het gelees van die brand en dink die hotel is toe. “Ons was nog altyd ook en werk sewe dae ‘n week om die hotel te herstel.”
Hy sê die hotel het in hierdie stadium ’n hele aantal kamers beskikbaar en die lapas, swembad, kombuis en eetkamer is herbou en nuut ingerig.
Die oorspronklike gebou is in 1896 met klip uit die omgewing gebou om die Duitse Schutztruppe te huisves.
Dit is in die 1920's in ’n hotel omskep. In die veertiger- en vyftigerjare van die vorige eeu was Seeheim ’n op-en-wakker dorp en selfs meer prominent as Keetmanshoop.
Daar was in daardie stadium selfs drie hotelle op die dorp.
In die 1970's het bedrywighede sodanig afgeneem dat dit in ’n spookdorp verander het.
Nadat die hotel vir 24 jaar leeggestaan het, is dit deur Zirkie en sy vrou, Marinda, gekoop wat nuwe lewe daarin geblaas het.
Hy het al die meubels self gemaak en aanbouings in die oorspronklik styl gedoen.
Vir besprekings, besoek die hotel se webtuiste by www.seeheimhotel.com.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie