Seas bly in aanhouding
Seas bly in aanhouding

Seas bly in aanhouding

Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar driejarige dogtertjie vermoor het, is borgtog geweier.
Jessica Botes
Jessica Botes



Die 32-jarige Zenobia Seas wat daarvan beskuldig word dat sy haar dogter versmoor het, is op 20 April borgtog in Swakopmund se landdroshof geweier.

In haar uitspraak het landdros Surita Savage nie net haar ontsteltenis oor dié saak uitgespreek nie, maar ook in die algemeen oor die toename in gevalle van huishoudelike geweld.

“Elke dag wanneer ons die koerant oopmaak, lees ons van verskriklike huishoudelike geweldmisdade wat gepleeg word, en hierdie een tel as een van die ergste gevalle omdat die beskuldigde, as klein Ava se moeder, veronderstel was om haar weerlose kind te beskerm, maar volgens wat voor die hof geplaas is, het die be­skuldigde heeltemal die teenoorgestelde gedoen en die klein meisietjie het met haar lewe betaal,” het Savage in haar uitspraak gesê.

Volgens die klagstaat word Seas be­skuldig van die moord op haar driejarige dogtertjie, Antonette Amakhoes Owoses, op 26 September 2016, in die omgewing van Hentiesbaai. Sy word van 'n klag van moord in terme van artikel 1 van die Wet op die Bekamping van Huishoudelike Geweld, 4 van 2003, aangekla.

Die staatsaanklaer, mnr. Dalon Quickfall, het gesê die staat staan borgtog teen omdat dit nie in die publiek se belang en in die belang van die gereg sal wees nie.

Volgens Quickfall het die staat 'n sterk saak teen Seas en die erns van die misdaad mag tot 'n swaar straf lei. Hy het verder geargumenteer dat 'n groot moontlikheid bestaan dat die beskuldigde op die vlug sal slaan of selfmoord sal pleeg indien sy op borgtog vrygelaat word. Die staat vrees ook dat sy met staatsgetuies, veral met familielede, sal inmeng.

Seas se regsverteenwoordiger, mnr. Mposikeng Dube, het die hof meegedeel dat die beskuldigde die hulp van 'n sielkundige of psigiater nodig het om haar gemoedstoestand ten tyde van die voorval te bepaal.



sielkundige

Die beskuldigde is van mening dat haar grondwetlike reg geskend sal word indien sy nie vrygelaat word om mediese bystand te verkry nie.

'n Opvoedkundige sielkundige, me. Estelle Bailey, wat die beskuldigde in die aanhoudingselle besoek het, het getuig dat daar geen rede is dat Seas langer in aanhouding moet bly nie.

Die voormalige streeksmisdaad­koördineerder van die Erongostreek, adjunk-kommisaris Otillie Kashuupulwa, het getuig dat daar 'n openbare oproer was omdat 'n on­skuldige lewe geneem is.

Polisieondersoekbeampte, Izolde Kleinbooi, wat die toneel besoek het, het getuig dat 'n bottel kamferolie op die toneel gevind is en dat in die post mortem bevind is dat die oorledene versmoor is en dat kamferolie in die neusgate gevind is.

Sy het verder getuig dat die beskuldigde in haar notaboek, wat ook op die toneel gevind is, beskryf hoe sy die oorledene doodgemaak het en bood­skappe aan haar familielede gelaat het.

Volgens Kleinbooi het sy uit die notaboek afgelei dat die beskuldigde selfmoord wou pleeg nadat sy die oorledene doodgemaak het

'n Maatskaplike werker van Swakopmund, me. Margareth Richter, het getuig dat die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn bewus is van die saak, omdat die beskuldigde 'n vyfjarige dogter het en dat dit in hul mandaat is om na die welstand van die kind om te sien.

Sy is gekant teen die toestaan van borgtog omdat dit nie in die belang van die oorlewende kind sal wees nie.

In haar uitspraak het die landdros gesê: “Daar is geen twyfel dat die klag wat die beskuldigde in die gesig staar 'n ernstige een is wat gewoonlik 'n ernstige straf met skuldigbevinding opgelê word nie. Maar moenie vergeet van die veronderstelling in die reg dat 'n beskuldigde onskuldig is tot hy of sy skuldig bevind is nie. 'n Hof sal ten gunste van 'n beskuldigde neig, behalwe as daar sterk aanduidings is dat dit geregtigheid moontlik mag benadeel,” het Savage gesê.

Sy het verder gesê Seas beplan om na haar tuiste, waar sy saam met haar ouers en kind woon, terug te keer indien sy op borgtog vrygelaat word.

Die landdros was van mening dat hierdie reëling dit onmoontlik sou maak om inmenging met getuies te verhoed. Voordat sy borgtog geweier het, het die landdros gesê: “Daar is genoegsame rede om tot die gevolgtrekking te kom dat dit nie in die belang van geregtigheid sou wees om die be­skuldigde op borgtog vry te laat nie.”

Die verhoor is tot 7 Junie uitgestel vir die polisie om uitstaande mediese en forensiese getuienis te verkry.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.41/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 874.10/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 912.50/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.41/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 874.10/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 912.50/OZ DOWN -0.0037