Seaflower: Fishcor skuld ons N$255 miljoen

Die hoofaandeelhouer in die maasbankerverwerkingsaanleg op Walvisbaai hou vol sy N$790 miljoen-belegging word nie eerbiedig nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die kontrak tussen Seaflower Pelagic Processing (SPP) en die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor) vir ’n jaarlikse maasbankerkwota van 50 000 ton, “is geldig en bindend tot ’n hof dit ter syde stel, of die vennote dit heronderhandel”.
Seaflower se voorsitter, mnr. AJ Louw, sê dit is teen hierdie agtergrond wat dié vismaatskappy besig is om ’n skadevergoedingseis van N$254 669 609 teen Fishcor voor te berei.
“Fishcor skuld ons 95 000 ton,” sê hy met verwysing na die ooreenkoms vir ’n jaarlikse maasbankerkwota van 50 000 ton wat op 30 Januarie 2017 tussen hom en mnr. James Hatuikulipi, gewese voorsitter van Fishcor, onderteken is. Hy was benewens direksievoorsitter van Fishcor, ook die besturende direkteur van Investec Asset Management Namibia.
Louw is die uitvoerende hoof van African Selection Trust SA Group (AST), met sy hoofkantoor in Tombwa in die Namibe-provinsie van Angola. AST se Namibiese arm is African Selection Fishing Namibia (ASFN).
Hy en die finansiële direkteur, mnr. Johan Breed, se paaie het in Oktober 2016 met Hatuikulipi gekruis toe hulle hom met ’n Learjet na Angola gevlieg het om vir hom AST se aanleg in Tombwa te wys.
“’n Neef van Johan het saam met James by Investec gewerk, en dit is hoe ons hom ontmoet het,” het Louw in ’n onderhoud aan Republikein gesê. Seaflower het in 2017 tot stand gekom nadat Fishcor met AST ’n ooreenkoms gesluit het om as bedryfsvennoot ’n visverwerkingsaanleg vir maasbanker op te rig, vissersbote aan te skaf en die vangste te bemark.
Fishcor besit 40% van die aandele in Seaflower en AST 60%. Dit het verder bepaal Seaflower moet vir Fishcor ’n gebruikersfooi van 8% per ton betaal in ruil vir die kwota wat hy benut. Fishcor se deel van die ooreenkoms was om tot 2032 seker te maak Seaflower kry elke jaar sy kwota van 50 000 ton maasbanker, en koop die perseel waar Etale Fishing Company se fabriek was sodat Seaflower sy aanleg daar kon oprig.
“Ons het besigheid gedoen met die Namibiese regering. Nie net met een of twee individue nie.”
Pres. Hage Geingob het Seaflower se fabriek besoek en vertel hoe beïndruk hy is,” sê Louw met verwysing na die inhegtenisnemings wat gevolg het nadat die Fishrot-bom oor die multimiljoendollar viskwotaskandaal in November 2019 gebars
het.
“Ek wil uit die staanspoor sê ons (AST) was nie by Fishrot betrokke nie." Buiten Hatuikulipi, is die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, die gewese visserye- en justisieministers, mnre. Bernhard Esau en Sacky Shanghala, ’n Investeckollega van James, mnr. Ricardo Gustavo, James se neef, mnr. Tamson Hatuikulipi (wat met Esau se dogter getroud is) en mnr. Pius Mwatelulo op klagte wat met dié skandaal verband hou, in hegtenis geneem.
Hulle verskyn weer op 14 Desember in die landdroshof in Windhoek.

BELANGE
Louw, wat benadruk hy is ’n Namibiër met eiendomsbelange in die land, sê vir te lank is Namibiese vis gevries na die buiteland uitgevoer en die waarde was vir die plaaslike ekonomie verlore. “Ons filosofie is om dit om te keer; om die vis land toe te bring.”
“AST is die afgelope 20 jaar in Angola waar ons ’n klomp vismaatskappye opgekoop het, en ons het ook belange by Mosselbaai in Suid-Afrika. Ons het 1 800 mense in diens.
Ons glo daaraan vis moet aan wal kom. Dit is die tendens oraloor die wêreld, selfs in Rusland.”
Volgens Louw was Hatuikulipi baie beïndruk met AST se aanleg in Tombwa, die grootste aanlandige visaanleg in suidelike Afrika en het gesê: “Julle moet ons (Fishcor) vennoot word. Dit is waaroor ons gedroom het”.
Seaflower het onlangs ’n bloutjie in die hoërhof in Windhoek geloop toe hy probeer het om ’n interdik teen die regering te kry wat hom verbied om die oorblywende 72 000 ton kwota vir maasbankervangste in 2020 op te veil. Fishcor skuld Seaflower volgens hofstukke nog sowat die helfte van die 2020-kwota waarop ooreengekom is.
Adjunk-regter-president Hosea Angula het in sy uitspraak na die verhouding tussen Fishcor en Seaflower as “gesellig en parasities” verwys.
Louw ontken dat dit waar is en voer aan die ooreenkomste tussen Fishcor en Seaflower het gespruit uit “kabinetsbesluite en publikasies in die Staatskoerant” en is gegrond op die huidige 70/30-kwotaverdeling vir vars en gevriesde maasbanker om seker te maak meer vis word aanlandig verwerk vir groter binnelandse waardetoevoeging.
“Ons het op die toneel gekom toe die tafel klaar gedek was en niemand wou aansit nie. Ons het die geld en die kennis gebring en die fabriek gebou. Ons het N$790 miljoen belê. En daarna is ons met niks anders as minagting behandel,” sê hy.
“In 2018 het Seaflower niks van die ooreengekome 50 000 ton gesien nie en vir 2019 en 2020 skuld Fishcor ons 20 000 en 24 334 ton onderskeidelik.
Dis bykans 95 000 ton en die waarde daarvan is N$255 miljoen.”
Intussen het mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE’s), by navraag bevestig hy het op 4 September ’n brief aan Fishcor se voorsitter, mnr. Mihe Gaomab II, gestuur om die geldigheid van die ooreenkomste te bepaal wat AST met dié vismaatskappy van die staat gesluit het. Opdrag is gegee om regshulp in te win.
“Ek het aan al die kommersiële staatsondernemings briewe gestuur (en opdrag gegee) om alle bestaande kommersiële ooreenkomste te evalueer om te bepaal of die korrekte prosedures gevolg is en ook om te bepaal of sulke ooreenkomste in die beste belang van die maatskappy en aandeelhouer is.
“Indien enige ooreenkoms nie aan die voorgenoemde voldoen nie, moet sulke ooreenkomste heronderhandel of gekanselleer word. Dieselfde geld vir die Seaflowerooreenkomste.
“Indien ek nie oortuig is dit voldoen aan die vereistes nie, sal ek beslis nie toelaat dat dit voortgaan nie.
“Die dae wat besigheidsmense (plaaslik of buitelands) ons staatsondernemings mislei en misbruik vir eie gewin, is iets van die verlede. Ek sal nie huiwer om die magte tot my beskikking te benut om die staat, en dus die publiek, se belange te beskerm nie,” het Jooste gesê.
Gaomab het vroeër die week benadruk Jooste se opdrag geld álle kommersiële staatsondernemings, insluitend Fishcor.
“Ons ondersoek nog die besonderhede van hierdie kontrakte en het nog nie besluit op die spesifieke pad vorentoe nie,” het hy by navraag gesê.

WERKERS
Louw sê tyd en wyl die onsekerheid oor die verskuldigde kwotas aan Seaflower voortduur, bly die werksgeleenthede wat geskep is in die gedrang. “Daar sou op 1 September 450 mense in die inmaakfabriek begin werk het. Hulle is werklike mense met name en identiteitsnommers,” sê Louw en voeg by dit is benewens die 655 arbeidsgeleenthede wat reeds geskep is.
Volgens mnr. Adolf Burger, Seaflower se besturende direkteur, is 95 persent van mense wat by Seaflower werk, jongmense en omtrent 70 persent is vroue.

‘MARéN WAS MY HANSIE CRONJé-OOMBLIK

Die voorsitter van Seaflower, mnr. AJ Louw, sê hy was onbewus daarvan dat die maatskappy Celax Investments One, wat gestig is met die doel om in die toekoms aandele aan swart ekonomiese bemagtigingsvennote toe te ken, na bewering deur mnr. Marén de Klerk gebruik is om geld te was.
De Klerk was tot vroeg in Januarie vanjaar Seaflower se prokureur en het saam met Louw en mnre. Johan Breed (finansiële direkteur van AST), James Hatuikulipi, gewese voorsitter van Fishcor en Mike Nghipunya, gewese uitvoerende hoof van Fishcor, in dié vismaatskappy se direksie gedien.

BEMAGTIGING
“Die doel van Celax was om 33 persent van die aandele in Seaflower te ‘parkeer’ vir wanneer die NEEEF-wetgewing (Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging) van krag word. “Dit is AST se beleid om swart ekonomiese bemagtigingsmaatskappye te stig in die lande waar ons besigheid doen,” sê Louw oor die bewering dat Celax deur die vermeende baasbreine agter die Fishrot-skandaal gebruik is as geldwassery.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ondersoek die wyse waarop N$75 miljoen se omkoopgeld vir viskwotas wat glo deur ’n Yslandse vismaatskappy aan Fishcor betaal is, na bewering deur De Klerk se trustrekening asook Celax se bankrekening na begunstigdes gevloei het.
Celax is op 24 Januarie 2017 met De Klerk as enigste aandeelhouer geregistreer. Dit blyk uit dokumente wat deel uitmaak van ’n voorlopige forensiese ondersoek na die beweringe van ongerymdhede by Seaflower. Dié ondersoek is deur ProNam Forensic Services in opdrag van AST gedoen.
Die forensiese verslag, saam met ’n bundel afskrifte van stawende dokumente, is onlangs aan mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings, dr. Albert Kawana, minister van visserye en mariene hulpbronne, en ander belanghebbendes gestuur.
Louw sê ’n prokureursvriend in Windhoek het aanbeveel hy skuif AST se sake na De Klerk, “omdat hy skerp is en sterk is op kommersiële goed”.
“Ek het juis nou die dag vir daardie vriend gesê ek het my Hansie Cronjé-oomblik in die lewe met beweringe rakende Marén beleef. Ek het dit nie in ’n miljoen jaar van hom verwag nie,” sê Louw in analogie van dié Suid-Arikaanse krieketheld wat destyds van wedstrydknoeiery beskuldig is.
De Klerk het Namibië op 17 Januarie vanjaar verlaat en is daarna in ’n kliniek in Bloubergstrand by Kaapstad vir erge depressie behandel.
Hy het onlangs in hofstukke in die hoërhof aangevoer hy vrees vir sy lewe en kry doodsdreigemente, en kan daarom nie na Namibië terugkeer nie.
Dit is by die hof ingedien toe hy probeer keer het dat die hoërhof hom as eksekuteur van onder meer die Aaron Mushimba-boedel verwyder.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37%