Schlettwein oor hoër belasting, nog ‘uitstel’
Belastingverhogings is nie deel van die regering se belastinghervormings vir die huidige begrotingsjaar nie, sê die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein.
Die bestaande belastingstelsel is egter ontleed en maatreëls geïdentifiseer om skuiwergate toe te stop wat die belastingbasis verweer, het Schlettwein vanoggend aan die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) gesê.
Die doeltreffenheid van die aansporingsprogram om uitstaande belasting te betaal, word tans bepaal. Dié program het einde Julie verstryk. Sou dié inisiatief verleng word, sal dit vir ‘n korter tydperk wees en sal dit aan strenger voorwaardes gekoppel wees, sê Schlettwein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie