Schiefer appelleer teen 48 jaar tronkstraf
Jacqueline Louw - Die jong man wat tot altesaam 48 jaar tronkstraf vir die moord op sy ouers gevonnis is, se appèl teen sy vonnis is gisteroggend in die hooggeregshof aangehoor.
Die aansoeker, Romeo Schiefer (26), is in Oktober 2013 deur regter Naomi Shivute tot 48 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het sy ma, Francina, en sy pa, Frans, op 18 Januarie 2008 by hul huis in Khomasdal vermoor.
Schiefer het teen Shivute se vonnis geappelleer, maar sy aansoek om verlof tot appèl is op 16 September 2014 deur Shivute geweier. Hy het vervolgens tot die hooggeregshof gewend en die appèl is gister deur regter Dave Smuts, adjunkhoofregter Petrus Damaseb en regter Elton Hoff aangehoor.
Schiefer se regsverteenwoordiger, mnr. Winnie Christians, het die jeugdigheid van sy kliënt beklemtoon as basis vir sy appèl. Hy het aangevoer dat ’n jeugdige oortreder nie ’n slagoffer van onoordeelkundige vonnisoplegging moet word nie en dat oormatige straf meer skade as goed kan doen. Schiefer was 18 toe hy die moord op sy ouers gepleeg het. Christians het verder gepleit dat ’n oormatige lang tronkstraf die resultaat kan hê dat ’n verwronge persoon aan die einde van die tronkstraf na die samelewing sal terugkeer.
Hy het namens sy kliënt aangevoer dat jong mense dikwels onverantwoordelik optree en “dom” dinge aanvang en die misdaad aan jeugdigheid en 'n gebrek aan oordeel toegeskryf. Hy het tot die volbank gepleit dat ’n balans tussen die belange van die oortreder en die erns van die oortreding gehandhaaf behoort te word. Volgens Christians het sy kliënt berou oor sy dade getoon, waarop adjunkhoofregter Petrus Damaseb se kommentaar was: “’n Mens sou verwag dat die berou meer waarneembaar sou wees – as dit jou eie ouers was.”
Adv. Antonia Verhoef het namens die staat aangevoer dat geld die motief vir die moord was. Sy het aangevoer in sy skulderkenning het Schiefer beweer dat hy ’n besluit geneem het om sy moeder te vermoor nadat hy geld van haar gevra het en sy hom daarvan beskuldig het dat hy geld mors.
“Dit het daartoe aanleiding gegee en ek het besluit dit is genoeg,” het Schiefer in sy skulderkenning gesê. Die staat het aangevoer Schiefer het sy vader vermoor om sodoende ’n getuie te elimineer en te verhoed dat hy die moeder te hulp sou snel.
Schiefer het tydens die moord merkwaardige teenwoordigheid van gees tesame met vasberade en berekende gedrag getoon het, het Verhoef aangevoer. Hy het byvoorbeeld ’n kussing as ’n knaldemper gebruik toe hy sy pa doodgeskiet het. Verhoef het betoog dat hy ongeveer drie keer met ’n vriend, Lee-Roy van Neel, gepraat het terwyl hy die moorde gepleeg het en in staat was om voor te gee hy was besig om sy moeder te help terwyl hy inderwaarheid besig was om haar te vermoor.
Die staat se betoog is dat jong mans wat ernstige misdade pleeg en wreed optree nie agter hul jeug kan skuil nie. Weens die barbaarsheid en gevoelloosheid van die moorde, die motiewe en die huishoudelike agtergrond waarteen die misdaad gepleeg is, het die staat aangevoer dat die vonnis deur die hoërhof opgelê toepaslik was.
Die uitspraak word voorbehou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie