Schalk besit die Windhoek-volk
Elzeth Harmse - Hoe gemaak as jy so gelukkig is om twee jong komediante op een aand op die verhoog in aksie te sien? Jy lag kliphard. Skaamteloos. Tot die trane teen jou wange afrol en die mense om jou begin rondkyk om te sien wie lag só.
Die Suid-Afrikaanse komediant en akteur, Schalk Bezuidenhout, het op Donderdag 9 November Windhoekers by die Warehouse-teater met twee vertonings kom vermaak. En vermaak uit die boonste rakke was dit vir seker.
Namibië se Lloyd Zandberg het die voorvertonings gelewer. Diegene wat nog nie voorheen van Lloyd gehoor het nie sal hom beslis nie gou vergeet nie. Hy het die verhoog op Baywatch se temalied betree en met sy unieke humorsin was hy die ideale ou om die gehoor ‘n klein voorsmakie te gee van wat voorlê.
Die tropiese hemp wat Lloyd gedra het, was dalk om verskeie redes – miskien om by Schalk se drag te pas, om by die temalied te pas of om aan te sluit by sy storie oor die matras met die palmboom op waarop jy jou kan verbeel jy is op Mauritius met ‘n Pina Colada in die hand.
Onderlangse gegiggel en gefluister oor Schalk se uitrusting was duidelik hoorbaar die oomblik toe hy op die verhoog klim. Dit het gelyk of hy reg uit That 70’s Show gestap het en daarin die rol van ‘n tweedehandse motorverkoopsman vertolk wat motors se kilometerlesing skelm terugstel.
Die denim en tekkies wat mekaar na ‘n partytjie uitnooi, die piesangsokkies wat in hul pad staan, die bont, ingesteekte hemp met skepe op en die krulhare en snor het dit duidelik gemaak dié show gaan alle verwagtinge oortref.
Hoewel Schalk se Voksbesit (ja, dis die show se naam) ‘n oorhoofse tema het, moes hy voortdurend die water toets om vas te stel wat die spesifieke teatergangers se lagspiere prikkel of nie.
Hy het ook met lede van die gehoor gekgeskeer om die show interaktief te maak.
As Schalk nie gesê het dis sy eerste besoek aan Namibië nie, sou min mense dit kon raai. Hy het na plaaslike gebeure, krisisse en verskynsels verwys sodat niemand uitgesluit gevoel het nie.
Kwessies wat aangeraak is en waarmee baie fyn gespot is, sluit onder meer in kultuur- teenoor sportdeelname op skool en meer spesifiek die gespot en erkenning wat daarmee gepaard gaan, die rand se waarde, waterbesparing, Zuma, Margaret van Wyk, sy skoolloopbaan, universiteitslewe, kommin-wees, snobisme, plaaslike Afrikaners en Engelssprekendes se gebruike en gewoontes en hoe die res van die wêreld ons sien.
Schalk se raak beskrywing van presies hoe ‘n tipiese Afrikaanse troue verloop en raad oor wat liefs vermy moet word, was beslis een van die hoogtepunte. Hier het dit nie noodwendig gegaan oor wat gesê is nie, maar die feit dat almal presies geweet het wat bedoel word.
Die gehoor het deurentyd aan sy lippe gehang en was ná twee ure honger vir nog! Schalk het in ‘n stadium genoem net sy ma kan ’n honderd keer na sy grappies luister en elke keer lag asof sy dit die eerste keer hoor. Die waarheid is dat Windhoek se gehoor met graagte weer en weer ‘n kaartjie sal koop om Schalk Bezuidenhout in aksie te sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie