Saunderson wen STAG-stableford
Gholf
Die Windhoek Buiteklub gholfklub en die STAG (Society of Tuesday and Thursday Afternoon Golfers) het laas Saterdag 'n individuele stableford-kompetisie aangebied waarvan die STAG en NHP medeborge was.
Op 'n lieflike dag vir gholf is 'n paar baie goeie tellings behaal deur die spelers wat die beste daarin kon slaag om hul konsentrasie op die baan te behou.
Kompetisies aangebied deur die STAG is altyd iets om na uit te sien, met aanloklike pryse en selfs 'n beter atmosfeer agterna. Talle spelers het agtergebly om die Springbokke en Engeland se eerste rugbytoets op die groot skerm te volg, met die uitslag wat verder tot die fantastiese atmosfeer bygedra het.
Die veld van 49 spelers was 'n goeie opkoms, met inagneming dat daar ook 'n Sages-toernooi op Gobabis vir die ouer manne was.
Die uitslae was:
1 Theo Saunderson 40 punte
2 Lisias Kangandjela 38 (uittel)
3 Coen van Graan 38
4 Cornelius van den Berg 37 (uittel)
5 Corneels Jafta 37
6 Paul Adkins 37
Wenners van die pryse vir die houe wat naaste aan die pen geëindig het, is opgeraap deur Coen van Graan (putjie 3), George Vink (putjie 9), Danie van Schoor (putjie 13) en Karl Swartz (putjie 17).
Vier gelukspryse is ook uitgedeel danksy die borgskap van Truck&Cab (Paul Adkins).
Komende naweek bied die Buiteklub sy Amerikaanse Ope Pick a Pro-kompetisie aan. Die wenners kan met gholfpryse geborg deur Moritz's Proshop wegstap.
Die Namibiese Amateur Gholfunie (Nagu) se Swakopmund Ope word ook komende Saterdag en Sondag by die Rössmund gholfklub aangebied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie