Sasol wil groot getal mense aflê
Elvira Wood – Werknemers in Sasol se afdeling vir navorsing en ontwikkeling, bekend as Sasol Groep Tegnologie, is bekommerd oor of hulle nog in April ’n werk gaan hê.
’n Leser het Netwerk24 laat weet dat Sasol “so stilletjies met ’n uitgerekte en grootskaalse afleggingsproses besig is”.
Volgens dié persoon gaan dié proses op 28 Maart in Sasol se aanleg in Sasolburg op die spits gedryf word.
Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het wel in Desember in Rapport 'n rubriek geskryf dat na wat verneem word, beoog Sasol Groep Tegnologie om sy arbeidsmag met tussen 40% en 50% te verminder.
Sasol het in reaksie op Netwerk24 se navraag bevestig dat hy tans besig is om dié afdeling te herstruktureer.
Die petrochemiese reus sê hy is sedert 14 September 2018 besig om ’n “gestruktureerde arbeidsmag-oorgangsproses” te volg.
Sasol het in November 2017 sy nuwe, “waardegebaseerde strategie” aangekondig. Hy beoog om met dié strategie te verseker dat hy in die toekoms op wêreldvlak mededingend sal wees.
Die maatskappy het by navraag bevestig dat hy die afgelope 18 maande werk gemaak het van sy plan om sy struktuur by sy strategie aan te pas.
Hy het dié strategie reeds in November 2017 aangekondig.
Dit is veral Sasol Groep Tegnologie wat in dié proses herstruktureer word.
Sasol verduidelik in sy e-pos aan Netwerk24 dat hy poog om sy werknemers te herontplooi of her op te lei.
Sasol het verder bevestig dat dié proses tans in sy finale fase is. Hy verwag dat die nuwe struktuur teen einde Junie in plek sal wees. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie