Sanvroue kry skenking uit Windhoek

Tanja Bause
Tanja Bause – Ses Sanvroue in die informele nedersetting by Grootfontein het met die hulp van me. Linda Pretorius ? naaldwerkprojek begin. ? Samaritaan uit Windhoek het van hulle te hore gekom en ? broodnodige naaldwerkmasjien aan die vroue geskenk.
Buiten dit, hulle het ook klere en speelgoed ontvang.
Volgens die skenker het sy en haar man vir baie jare in die
Grootfontein-omgewing geboer en lede van die San-gemeenskap het by hulle op die plaas gewerk.
“Ek het ? baie sagte plekkie in my hart vir die San-gemeenskap,” het sy gesê.
Me. Monika Gamses, een van die vroue wat by die projek betrokke is, het gesê: “Ons het krag hier en as ons sulke masjiene het, kan ons baie meer goed maak en ons omstandighede nog verbeter. Ons kan ook die kinders leer om naaldwerk te doen en hulle kan dan ook self vir hulle sorg.”
Die vroue wat by die Hearts, Hands and Voices Naaldwerkprojek betrokke is, wissel in ouderdomme van 24 jaar tot 72 jaar.

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer