Sanlam kry nuwe sake van R74 miljard
Hanlie Stadler
Sanlam sê sy diversifikasie oor verskillende streke, marksegmente en produkte help om sy resultate stewig te hou, selfs binne baie uitdagende omstandighede.
Die batebestuursfirma en versekeraar het in die vier maande tot einde April ’n stewige R74 miljard se nuwe sake gelok, 9% meer as in dieselfde tydperk van 2015.
Daar was ’n netto invloei van R16 miljard se beleggersgeld in die vier maande, vergeleke met die R4 miljard in dieselfde tydperk van 2015.
Ian Kirk, groep- uitvoerende hoof, sê in ’n verklaring Sanlam is op verskeie gebiede getref deur moeilike bedryfstoestande. Sanlam se genormaliseerde wesensverdienste per aandeel het egter met 13% gedaal.
Sanlam Persoonlike Finansies kon 11% se nuwe sake lok en Glacier het met 13% gegroei.
Sanlam Ontluikende Markte het 53% se nuwe sake gelok, gerugsteun deur die swak rand. Selfs as die impak van die swak rand verwyder word, het nuwe sake met 40% gegroei.
Sanlam Beleggings het minder geld ingebring omdat geld op beleggings gegrond is op die prestasie van effektetrustfondse en die aandelebeurs swakker gevaar het.
Kirk sê hulle verwag dat die ekonomiese en bedryfsomgewing vir die res van 2016 “uitdagend” sal bly. “Ons glo dat ons volgehoue fokus op ons strategie ons prestasie vir die jaar sal aanhou ondersteun.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie