• Tuisblad
  • Plaaslik
  • Sanlam betaal vir newe-effekte weens inentings teen Covid-19
Sanlam betaal vir newe-effekte weens inentings teen Covid-19
Sanlam betaal vir newe-effekte weens inentings teen Covid-19

Sanlam betaal vir newe-effekte weens inentings teen Covid-19

Henriette Lamprecht
Sanlam Namibia het bevestig dat hul vereistes vir mediese eise onveranderd bly. Me. Talana Oosthuizen, hoof mediese onderskrywer, het verwys na die vraag of enige newe-effekte van die Covid-19-entstowwe onder risiko-voordele uitbetaal word.
"Ons besef dit is presies vir tye soos hierdie wat ons kliënte versekering het. Ons doelwit is en was nog altyd om ons kliënte in hul tyd van nood te bedien. Ons gee die versekering dat hulle steeds dekking sonder enige spesifieke uitsluitings vir entstowwe het," het sy gesê.

Volgens Oosthuizen sal Sanlam voortgaan om aan kliënte die dekking te bied wat hulle in die huidige moeilike tye nodig het en dat vereistes vir eisbare geleenthede daarom onveranderd bly.

Kommentaar

Republikein 2025-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer