Sanlam beloon langasems
Sanlam beloon langasems

Sanlam beloon langasems

Andrew Poolman
Sanlam Namibië het gister die Namibiese langasems beloon wat goeie posisies in laas Sondag se Sanlam Kaapstad-marathon behaal het. Aan elk van die vyftal atlete is effektetrusts met ’n gesamentlike waarde van N$30 000 toegeken. Mnr. Evans Simataa, Sanlam Namibië se hoofbestuurder van openbare en korporatiewe steun, het die Namibiese presteerders gelukgewens, asook al die hardlopers wat die marathonafstand getakel het. “Almal van julle het die harde kilometers voltooi en die vrugte gepluk.” Hy het hulle ook aan die belangrikheid van belegging herinner. Nagenoeg 8 000 hardlopers het vanjaar in Kaapstad aan een van die vasteland se wêreldklas padwedlope deelgeneem. Van links staan Mirinda Subes (Atletiek Namibië), Alina Armas (derde in 10 km), Reonard Namupala (16de in marathon), mnr. Evans Simataa van Sanlam Namibië, Lavinia Haitope (vyfde in vrouemarathon) en Helalia Johannes (wenner van die 10 km). Foto Hector Mawonga (Namibian Sun)

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer