Sanksies teen Noord-Korea opgeskerp
Mededinging rondom die beheer van kunsmatige intelligensie gaan glo die oorsaak van die Derde Wêreldoorlog wees.
Tekstieluitvoer van Noord-Korea word nou geheel en al verbied en ’n beperking is op die invoer van ruolie geplaas, ingevolge die negende resolusie deur die Verenigde Nasies (VN) oor sanksies teen Kim Jong-oen se regering sedert 2006.
Die 15 lede van die VN se veiligheidsraad het Maandagaand eenparig ten gunste daarvan gestem.
“As Noord-Korea daartoe instem om sy kernkragprogram te staak, kan die sanksies gelig word,” het Nikki Haley, Amerika se ambassadeur by die VN, gesê.
Intussen sê die baas van Tesla en SpaceX die kruitvat vir die Derde Wêreldoorlog gaan nie Noord-Korea wees nie, maar kunsmatige intelligensie. Volgens Elon Musk behoort Noord-Korea “onder op ons lys van vrese vir die beskawing se voortbestaan te wees”, het CNN berig.
Musk het in een van ‘n reeks twiets gesê wat hom betref, gaan mededinging rondom die beheer van kunsmatige intelligensie die oorsaak van die Derde Wêreldoorlog wees.
Hy het gereageer op pres. Wladimir Poetin van Rusland wat onlangs gesê het kunsmatige intelligensie is nie net Rusland se toekoms nie, maar die mensdom s’n. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie