S&P: 'Mosie van wantroue in Eskom'
Standard & Poor''s Global Ratings (S&P) se afgradering van Eskom is volgens die amptelike opposisieparty in Suid-Afrika, die DA, ''n mosie van wantroue in Eskom en sy bestuur in besonder en die “relatief swak korporatiewe bestuur van staatsondernemings in die algemeen”.
“Dit is hartseer en is ''n bewys van Eskom se ernstige gebrek aan leierskap, op direksievlak en op regeringsvlak, soos verteenwoordig deur Lynne Brown, minister van openbare ondernemings,” het die opposisie die naweek in ''n verklaring gesê in reaksie op dié nuus Vrydagaand.
S&P het die gradering se vooruitsig negatief gehou, wat beteken ''n verdere afgradering van Eskom is nie buite die kwessie nie.
Eskom was reeds een trappie onder beleggingsgraad op BB+, en is met een vlak tot BB verlaag.
Die afgradering sal volgens die DA net verdere druk op die fiskus plaas wat pa moet staan vir staatswaarborge van R350 miljard aan Eskom.
“Dit is meer as ooit tevore duidelik dat dringende ingryping in die leierskap van Eskom nodig is . . . en dat Eskom allermins in ''n posisie is om die reuse-kernkragprojek van duisende miljarde rande te oorweeg,” aldus die DA.
Eskom self het Vrydagaand sy spyt uitgespreek oor die afgradering. S&P lig die groot druk op Eskom se geldsake uit vir sy besluit en sê daar is onsekerheid oor of die staatswaarborg van R350 miljard vir Eskom verleng sal word wanneer dit einde Maart volgende jaar verval.
Anoj Singh, finansiële hoof, sê in ''n verklaring hulle is vol vertroue dat dit wel sal gebeur.
Eskom is in ''n hofsaak met die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gewikkel oor sy versoek vir hoër tariefverhogings. S&P het dié saak ook in sy besluit uitgelig.
Singh sê die afgradering sal nie ''n wesenlike impak op sy finansieringsplanne vir sy boekjaar tot einde Maart hê nie.
Eskom se uitvoerende hoof, Brian Molefe, het onlangs bedank omdat hy in die vorige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se verslag oor staatskaping van ongerymdhede beskuldig word. Singh self word in die verslag genoem.
Moody''s Investors Service het die vooruitsig vir Eskom se gradering in September na negatief verander. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie