Sandhof se mooiste lelies
            
                                                            Honderde Namibiërs het die afgelope naweek na Sandhof by Maltahöhe gestroom om dié unieke lelieprag oor 'n gebied van meer as 700 hektaar te beleef. Die bekroonde fotograaf Rian van Schalkwyk het Saterdagoggend sy sesjarige dogter, Nina, tussen die lelies afgeneem. Hy is die skrywer van die fotoboek Safari with Nina, wat hul gesamentlike tog in  2019 deur agt Afrikalande verewig. Nina het gister haar eerste skooldag as graad 1-leerling begin.
                                    
            
        

                
                        
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie