Samsung se S9-slimfoon maak binnekort sy buiging
Hou jy van Samsung se slimfone?
Die nuwe Galaxy S9 is op pad en sal op 25 Februarie by die Wêreldkongres vir Selfoontegnologie in Barcelona, Spanje, bekend gestel word.
Die foon gaan glo baie soos die S8 lyk, maar sy kameras gaan beter wees, het bronne in Desember gesê.
Die nuwe foon sal net maande ná Apple sy iPhone X beskikbaar wees.
Bloomberg het voorheen berig die foon gaan moontlik 512 GB RAM hê.
Dit lyk egter of die sensor om vingerafdrukke te lees steeds aan die agterkant van die foon gaan wees, soos wat die geval met die S8 is. Dit was voorheen aan die voorkant. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie