Samsung help iPhone vervaardig
Een van die vreemdste aspekte van die tegnologiebedryf was nog altyd dat Apple soveel tegnologie vir sy fone by sy grootste mededinger, Samsung, koop.
Samsung vervaardig reeds die meeste geheueskyfies vir iPhones en verskaf ook ander komponente, soos verwerkers. Samsung is Apple se enkele grootste verskaffer.
Nou gaan minstens een van die nuwe iPhone-modelle wat volgende week in Cupertino, Kalifornië, bekend gestel word, met Samsung se OLED-skerms spog. Dit sal die eerste iPhones met OLED-tegnologie tot nog toe wees, volgens The Verge. Volgens The Telegraph gaan Apple drie fone bekend stel: die iPhone 8, die iPhone 7S en die iPhone 7S Plus.
OLED (organiese lig-uitstralende diodes) is die beste beskikbare tegnologie wat kleure helderder weergee terwyl dit minder krag gebruik.
Samsung is op die oomblik die markleier daarmee. Van Samsung se Galaxy-fone het reeds sedert 2009 OLED-skerms.
Apple is glo druk besig met onderhandelinge met LG, wat ook OLED-skerms kan vervaardig, hoewel nie in dieselfde hoeveelhede as Samsung nie. Apple wil meer as een verskaffer daarstel sodat hy nie so afhanklik is van Samsung nie. Volgens Bloomberg is LG op koers om teen middel 2018, betyds vir die bekendstelling van die iPhone 8, 'n klein persentasie iPhone-skerms te lewer. LG se vermoë om die skerms te vervaardig, sal egter eers in 2019 beduidend word.
Die iPhone is vanjaar tien jaar oud en daar is groot afwagting oor die iPhone 8. Die heel eerste iPhone is op 9 November 2007 bekend gestel. LG is al jare lank een van die verskaffers van iPhone-skerms van vloeibare kristal.
Die maatskappy gebruik 'n alternatiewe vorm van OLED-skerms in sy televisies, maar dit het nie dieselfde helderheid op klein skerms as die tegnologie wat Samsung inspan nie. Samsung se skerms is ook buigsamer.
LG het wel OLED-skerms op sy nuwe V30-foon, volgens The Verge. Apple het glo US$2 miljard in LG se vervaardigingstegnologie belê, volgens AppleInsider.
Een van die grootste probleme is dat Samsung jare se bestellings vir die vervaardigingsmasjinerie by Canon Tokki het.
Canon kan net tien van die Elvess-masjiene per jaar vervaardig en het volgens AppleInsider 'n jare lange agterstand.
LG het nou wel van die masjiene, bekend as Elvess, bekom, maar is nog in die toetsfase van produksie, wat tot ses maande kan duur.
Yi Choong-hoon van die navorsingsmaatskappy UBI Research raam volgens Bloomberg dat Samsung teen die einde van 2017 bykans 50 miljoen OLED-fone aan Apple sal lewer. - Netwerk24/Bloomberg/The Telegraph/AppleInsider/The Verge

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie