Samaritaan se loon
DIRK VAN ZYL SKRYF:
Op die pad, na wie weet waar,
staan die ryloper tolerant.
Hy wag die gawe samaritaan,
hom te reik, 'n helpende hand.
Hy's uiterlik verwaarloos,
Hare slordig, met lint gebind.
Jonk, maar deur die son verniel,
deur die lewe half verslind.
Met grysblou oë geskreef,
ondersoek hy die horison.
Hy hoor die dowwe dreuning,
en sien die motor nader kom.
Sy erbarmer het gestop,
en met 'n spoed weer weggetrek.
Praat nie veel, deel net 'n naam,
wat elkeen met 'n grim verstrek.
Brood en tee word aangebied,
Hy eet en drink, want hy waardeer.
Verder is dit rustig stil,
hy slaan sy moeë oë neer.
“Tot waar wil jy my vergesel?
Ek moet tot in Tsumeb gaan.
Jammer dat ek so vinnig jaag,
Dis die tyd wat teen my staan.”
Skielik is die blou lig daar,
Verkeersbeampte rys sy hand.
“Kom lees die gatsometer.”
Beduie woedend, en verwaand.
“Ek's skuldig, sê die drywer,
Ek weet ek het die wet verbreek.”
Die amptenaar glimlag net;
“Sy spoed sal ek met dollars wreek.”
Die bestuurder is kursories,
Probeer versteek sy grootste vrees.
Hy is skuldig, en besef,
Hy sal maar moet, die minste wees.
Hy vertel, hy het berou,
Die wetstoepasser wil niks weet.
“Vat en ry, hier's jou kaartjie,
Betaal jou straf, voor jy vergeet.”
Stadig ry hul tot in Windhoek,
Hy's stil en voel net aangedaan.
Die ryloper moet hier afklim,
Alleen sal hy, moet verder gaan.
“Dankie, sê die ryloper,
Ek het geen geld, maar wil u groet.
Hier's u vervolger se boekie,
Ek hoop die pad is verder goed.”
Op die pad, na wie weet waar,
staan die ryloper tolerant.
Hy wag die gawe samaritaan,
hom te reik, 'n helpende hand.
Hy's uiterlik verwaarloos,
Hare slordig, met lint gebind.
Jonk, maar deur die son verniel,
deur die lewe half verslind.
Met grysblou oë geskreef,
ondersoek hy die horison.
Hy hoor die dowwe dreuning,
en sien die motor nader kom.
Sy erbarmer het gestop,
en met 'n spoed weer weggetrek.
Praat nie veel, deel net 'n naam,
wat elkeen met 'n grim verstrek.
Brood en tee word aangebied,
Hy eet en drink, want hy waardeer.
Verder is dit rustig stil,
hy slaan sy moeë oë neer.
“Tot waar wil jy my vergesel?
Ek moet tot in Tsumeb gaan.
Jammer dat ek so vinnig jaag,
Dis die tyd wat teen my staan.”
Skielik is die blou lig daar,
Verkeersbeampte rys sy hand.
“Kom lees die gatsometer.”
Beduie woedend, en verwaand.
“Ek's skuldig, sê die drywer,
Ek weet ek het die wet verbreek.”
Die amptenaar glimlag net;
“Sy spoed sal ek met dollars wreek.”
Die bestuurder is kursories,
Probeer versteek sy grootste vrees.
Hy is skuldig, en besef,
Hy sal maar moet, die minste wees.
Hy vertel, hy het berou,
Die wetstoepasser wil niks weet.
“Vat en ry, hier's jou kaartjie,
Betaal jou straf, voor jy vergeet.”
Stadig ry hul tot in Windhoek,
Hy's stil en voel net aangedaan.
Die ryloper moet hier afklim,
Alleen sal hy, moet verder gaan.
“Dankie, sê die ryloper,
Ek het geen geld, maar wil u groet.
Hier's u vervolger se boekie,
Ek hoop die pad is verder goed.”
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie