Sall waarsku oor uitbuiting van Afrika
Sall waarsku oor uitbuiting van Afrika

Sall waarsku oor uitbuiting van Afrika

Estelle de Bruyn
’n Ernstige vermaning is aan Afrika-leiers gerig om “eksterne uitbuiters” te vermy wat Afrika se hulpbronne tot hul eie voordeel “onder ongelyke voorwaardes” wil benut.
Tydens die opening van die spitsberaad van die Afrika-unie Saterdag in Kigali, Rwanda, het pres. Macky Sall van Senegal gesê: “Ons het ryk hulpbronne en baie uitbuiters in die wêreld wil dit tot hul eie voordeel benut. Ek versoek Afrikalande om hul hulpbronne te benut en op Agenda 2063 te fokus, omdat dit noodsaaklik is om burgers te bemagtig en inklusiewe groei te verseker.” Sall is ook die voorsitter van die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (Nepad) se oriënteringskomitee van staatshoofde en regerings (HSGOC).
“Afrika het alles wat nodig is, insluitende natuurlike hulpbronne en landboupotensiaal. Wat ons nou meer as ooit vantevore benodig, is ’n belegging in menslike kapitaal sodat ons gehalte menslike hulpbronne kan hê wat oor die kennis en kundigheid beskik wat sal verseker dat ons vasteland sy regmatige plek in die wêreld ten opsigte van ontwikkeling kan inneem,” het Sall gesê.
By dieselfde geleentheid het die voorsitter van die kommissie van die Afrika-unie (AUC), me. Nkosazana Dlamini-Zuma, gesê die Nepad-konferensie in Kigali bied leiers die geleentheid om kritieke kwessies op die vasteland te bespreek en werkbare oplossings te vind wat tot die oorhoofse voordeel van die vasteland geïmplementeer moet word.
“Nepad verseker dat leiers verantwoordelikhede het en aanspreeklik is vir die besluite wat hulle neem. Ons moet voortgaan om Nepad se kapasiteit te bou en wetenskap, tegnologie en industrialisering in ons lande verbeter om die vasteland op die regte spoor te hou,” het Dlamini-Zuma gesê.
In sy rede het pres. Hage Geingob gesê Afrikalande moet hul belastingstelsels versterk om meer doeltreffend geld in te vorder.
Dit, sê hy, sal vereis dat die onwettige uitvloei van geld as ’n saak van dringendheid aan bande gelê word. Hierdie uitvloei is volgens Geingob aansienlik meer as die totale bedrag wat Afrika in ontwikkelingshulp ontvang.
Hy het ook groter oorgrenssamewerking bepleit om die uitvloei van geld te verhinder.
Geingob het gevra dat AU-lidlande die instansie se finansiële posisie versterk deur hul bydraes betyds en agterstallige geld so gou as moontlik te betaal.
“Wat lede se lidmaatskapbydraes tot die AU betref, stem ons saam dat sodanige bydraes gegrond moet wees op die beginsels van deursigtigheid, regverdigheid en gelykheid,” het Geingob gesê.
Hy sê die uitdagings bly groot, met vredebewaring-operasies wat baie duur is. “Die argitektuur van bestuur moet versterk word deur deursigtige prosesse, stelsels en instansies in te stel wat lidlande moet verhinder om in konflik te verval.
“Ons word teruggehou deur ’n verouderende infrastruktuur, veral wat paaie, spoorlyne, water en elektrisiteit betref,” het hy gesê.
Dít verhinder weer geleenthede vir die ontwikkeling van oorgrensinfrastruktuur en om dié rede moet AU-lidlande wegbeweeg van die beplanningfase en oorgaan tot implementering, het Geingob bygevoeg.
- Eie berig en Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...