SAL-voorsitter bedank u00f3u00f3k
SAL-voorsitter bedank u00f3u00f3k

SAL-voorsitter bedank óók

William Horne - Johannes Bekhumuzi Magwaza, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het bedank.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het dit tydens sy begrotingsposdebat Donderdag aan­gekondig.

Magwaza, wat in Oktober 2017 aan­gewys is as voorsitter, bedank nou kort op die hakke van Vuyani Jarana, uitvoerende hoof, wat aan die begin van Junie by SAL bedank het.

Jarana het na politieke inmenging verwys as rede vir sy uittrede.

Zuks Ramasia is in die tussentyd aan­gewys as waarnemende uitvoerende hoof by die SAL.

Luidens Gordhan het Magwaza om ­persoonlike redes bedank. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-07-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer