SAL-vlug draai terug toe lughawe sluit
Ronelle Rademeyer - Vlug SA076 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) moes Woensdagmiddag 15 minute voordat dit by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako sou neerstryk, omdraai en na die Oliver Tambo Internasionale Lughawe by Johannesburg terugkeer.
Dit het gevolg nadat die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) om 14:40 ''n kennisgewing aan vlieëniers, bekend as ''n NOTAM, uitgereik en inkomende vliegtuie in kennis gestel het dat die lughawe tydelik gesluit word.
Die NAC sê in ''n verklaring dit was ''n standaard prosedure "om die veiligheid van die vliegtuig en die passasiers te verseker" nadat ''n ander vliegtuig wat moes opstyg, probleme ondervind het.
Die NAC se operateurslisensie wat deur die Direktoraat Burgerlugvaart (DCA) uitgereik is, bepaal twee vliegtuie mag nie gelyktydig op die aanloopbaan en parkeerblad beweeg nie. "''n Vliegtuig van die Angolese lugdiens het van die parkeerblad na die draaisirkel by die aanloopbaan beweeg, waar vasgestel is die vliegtuig ondervind ''n hidrouliese probleem," het ''n ingeligte bron gister verduidelik.
Dit het meegebring dat die NAC geen ander keuse gehad het as om die aankomende vliegtuig te laat weet om terug te draai nie, sê die bron.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie