SAL-verslag 'wek nie vertroue'
SAL-verslag 'wek nie vertroue'

SAL-verslag 'wek nie vertroue'

Jo-Mare Duddy Booysen
’n Uitgelekte kwartaalverslag oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens se finansies gee ’n mens nie vertroue dat die SAL ’n volhoubare onderneming kan wees nie, sê Charl Kocks, hoofgraderingsbeampte by Ratings Afrika.
Hy is deur die aanlyn finansiëlenuusdiens Moneyweb gevra om die verslag te ontleed.
Die verslag toon die SAL het in die drie maande tot einde Junie ’n bedryfsverlies van R1,388 miljard gely en dat sy finansieringskoste met 51% gegroei het.
Die verlies kom ondanks ’n groei van 7% in omset. Kontantuitvloei was wel net R247 miljoen teenoor ’n begrote uitvloei van R971 miljoen.
Die verslag, dele waarvan Netwerk24 onder oë gehad het, wys die SAL kry toenemend mededinging van die laekostelugdienste soos kulula.com en FlySafair, en die uitbreiding van Midde-Oosterse lugdienste in Suider-Afrika soos Emirates, Etihad en Qatar Airways.
Die SAL is agter met die konsolidasie van skuld, en die vertraging in die afteken van sy 2015-jaarresultate tesame met ’n waarborg vir R4,7 miljard vir 2015 en 2016 wat nog nie goedgekeur is nie, plaas druk op sy bedrywighede en kontantvloei.
’n Lugvaartkenner wat deur Moneyweb om kommentaar genader is, sê die verslag wys die SAL se vliegtuie was in dié tyd 69% vol teenoor ’n teiken van 72%, maar sonder enige verduideliking en voorgestelde optrede oor hoe om verliese te keer. As die huidige verliese teen dieselfde tempo voortduur, kan die SAL ’n verlies van R5,35 miljard vir die volle boekjaar ly.
Die verslag wys hoe die SAL die staatswaarborge gebruik het wat sedert 2009 aan die lugdiens gegee is. Bykans die volle waarborg van R6,48 miljard wat in Desember 2014 toegestaan is, is sedertdien gebruik.
Kocks wys daarop die lugdiens se inkomste per beskikbare sitplek-kilometer (die sogenaamde RASK, wat ’n belangrike prestasiemaatstaf vir lugdienste is) was in April, Mei en Junie onderskeidelik R1,11, R1,06 en R1,05, teenoor ’n verwagte R1,18 vir die kwartaal.
Slegs drie van die nege internasionale roetes van die SAL was winsgewend, en in totaal het net 23 van die lugdiens se 35 roetes ’n wins gewys.
Albei kenners bevraagteken die aannames waarop die SAL sy beplanning grond. Kocks wys daarop die SAL het vir ’n olieprys van US$35 per vat begroot.
Die lugvaartkenner waarsku teen die SAL se fokus om instandhoudingskoste te besnoei. “Dit is ’n gebied van bedryfsrisiko in gevalle waar instandhouding in omstandighede van finansiële druk gedoen word, wat tot verwaarlosing van veiligheidskwessies kan lei.”
Die kenner meen dit sal meer toepaslik wees as die SAL sny op nuwe roetes, ekstra sitplekke, uitbreiding en ander oorbodige koste eerder as op instandhouding.
Die verslag wys die SAL slaag skaars daarin om die helfte van sy besigheidsklassitplekke op binnelandse roetes vol passasiers te kry. Dit wys die laekostefiliaal Mango se omset was 1% laer as ’n jaar gelede op R472 miljoen.
Die SAL se bes presterende roete is die Johannesburg-Kaapstad-roete wat in die kwartaal inkomste van R433 miljoen ingebring het. Die roete na Londen vaar die swakste en toon ’n verlies van R53 miljoen. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A