SAL kry R3,5 mjd. om in die lug te bly
Die bankrot Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het R3,5 miljard gekry om sy bedryfskapitaalvereistes tot Junie te finansier, berig Business Day.
Daar is berig Deon Fredericks, waarnemende finansiële hoof, sê onderhandelinge is ook onderweg met banke om die spertyd vir die terugbetaling van R9,2 miljard se bankskuld te verleng. Die skuld moes einde Maart betaal geword het.
Bedryfskapitaal word vereis om seker te maak ’n maatskappy kan sy bedrywighede voortsit en sy skuld op korttermyndiens.
Netwerk24 het onlangs nog berig oor die kritiek op banke wat weer geld wil leen aan SAL.
Maandag is berig Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die SAL, het aangekondig die lugdiens gaan in drie gedeel word. Daar is berig Jarana het gesê die plan is om die SAL op te breek in ’n lugdiens wat fokus op die plaaslike mark, die streek en internasionaal.
Dit is later as 'n misverstand deur die SAL se woordvoerder beskryf. Blykbaar is die plan net om sy bedryfsmodel te verander.
Reuters het berig deel van die plan is om die SAL se spysenieringsmaatskappy, Air Chefs, gedeeltelik te verkoop.
Volgens Fredericks benodig die SAL egter nog R4 miljard vir bedryfskapitaal in die boekjaar wat kom. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie