SAL kap terug oor bewerings van ‘vals’ onderdele
Die lugdiens sê al sy onderdele en komponente word van goedgekeurde verskaffers verkry.
Francois Williams – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het eers teen Donderdag sterk teruggekap teen bewerings wat in die Sondagpers gemaak is oor “vals” onderdele wat kwansuis in vliegtuie van die laekostefiliaal Mango of ander lugdienste gebruik is.
Die SAL ontken dit ook dat hy toegegee het ’n internasionale misdaadsindikaat het hom of sy tegniese afdeling, SAL Tegnies, geïnfiltreer, of dat hy van onderdele of komponente van verdagte oorsprong voorsien is.
Dit kom ná ’n berig in die Sunday Times Sondag.
Die SAL sê al sy onderdele en komponente word van goedgekeurde verskaffers verkry en al die ondersteunende dokumente voldoen aan die vereistes van die Burgerlugvaartowerheid.
Die lugdiens sê hoewel daar wel moontlike misdadige optrede was, is sy bedrywighede nie deur ’n internasionale misdaadsindikaat geïnfiltreer wat vir tendermanipulering of korrupsie by die lugdiens verantwoordelik is nie.
Die SAL sê ook die voorval met ’n Mango-passasiersvliegtuig waaroor berig is, hou glad nie regstreeks of onregstreeks verband met sake wat tans by SAL Tegnies ondersoek word nie.
Die SAL het ’n omvattende tegniese verduideliking gegee van wat gebeur het met ’n komponent van ’n vliegtuig van Mango op ’n vlug van 2 September. Die lugdiens het beklemtoon die betrokke onderdeel wat onklaar geraak het, is van die oorspronklike onderdeelvervaardiger van die Boeing 737-900-passasiersvliegtuig (dus Boeing self) aangekoop. Dit is op 5 Augustus ontvang en is op 7 Augustus in die Boeing 737-900 geïnstalleer. Die onderdeel het ná 96 vlugte en 125 vliegure die fout laat opduik.
In geen stadium was passasiers se veiligheid in gedrang nie en het die vlieëniers die voorgeskrewe prosedure gevolg toe hulle die fout agterkom.
Die SAL wag nog vir reaksie van Boeing oor die onderdeel. Dit is na Boeing gestuur om uit te vind waarom dit onklaar geraak het.
Kapt. Juan Naudé, direkteur vir vlugbedrywighede by Mango, het in die verklaring Donderdag gesê in sy loopbaan van 20 jaar het hy nog nooit gehoor van enige vals of onnaspeurbare onderdele wat deur SAL Tegnies of in Mango-vliegtuie gebruik is nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie